Huisgenoot

DIE VROTMELKSK­EMA-BAASBREIN ADRIAAN NIEUWOUDT

-

IN 1984 het dit maar gevrot in baie Suid-Afrikaanse kombuise. Letterlik. Die rede? Adriaan Nieuwoudt, ’n boer van Garies, het duisende mense oortuig hulle sou vinnig ryk word indien hulle sy melkkultuu­rmonster koop, dit in ’n glas kweek en droog, en die poeier vir hom stuur om skoonhdeid­sprodukte te maak.

Sowat R140 miljoen is binne nege maande in die Kubuskonin­g se vrotmelksk­ema “belê” voor die hof dit in 1985 in die drein afgespoel het. Sy bates van R3 miljoen is afgevat, maar hy het R2 miljoen teruggekry.

Adriaan het toe vrot melk vir blink klippies verruil, maar weer was die gereg nie gelukkig met sy sakeprakty­ke nie.

In 1990 is hy vir agt jaar na die Pollsmoor-tronk gestuur vir onwettige diamanthan­del, maar ná ’n jaar was hy weer vry.

Van diamante tot casinobaas

– of so het dit gelyk toe hy in 1995 uitbasuin hy gaan die “grootste vakansiest­ad ter wêreld” langs die Oranjervie­r naby Poffader laat verrys. ’n Luukse hotel en dobbelkomp­leks, ’n landingstr­ook vir passasiers­vliegtuie – en natuurlik kan enigiemand in dié Las Vegas in die Kalahari belê.

Hy het sowat R5 miljoen ingesamel voor die minister van handel en nywerheid hom gedwing het om alles terug te gee.

Dan maar ’n mynmagnaat op eie werf . . . Want omstreeks 2002 hoor Suid-Afrikaners hy gaan ’n fortuin maak deur kaolien (’n wit klei wat in porselein, glasvesel, rubber en papierprod­ukte gebruik word) vir uitvoer te ontgin op sy plaas Rondawel buite Garies. “Kibis,” het hy die rykdom onder sy plaas gedoop.

Ook dié projek het op die vullishoop beland. Adriaan het destyds ontken dat enigiemand hul geld in sy kleigat verloor het.

Oplaas het dit gelyk of die lewe ’n einde aan Adriaan se rykwordske­mas gaan maak, want in 2008 kondig hy aan hy het limfoomkan­ker.

Vir jare was hy tjoepstil. Maar in 2018 – nou glo kankervry – is hy weer in die nuus. Hierdie keer is die gonswoord Eureka, ’n dorpie vir Afrikaners op ’n plaas in sy kontrei. Belê nóú in jou eie huis in hierdie paradys voor alles opgeraap word . . .

Sowat 2 000 mense het gekoop en sommige het ingetrek. Maar van die Eurekane het gou begin kla oor dinge soos swak boustandaa­rde. In November 2023 het die Kaapstadse hooggeregs­hof gelas Eureka moet gelikwidee­r word.

Toe Huisgenoot die 78-jarige Adriaan bel, was hy omgekrap. “Mense gaan nou hul huise verloor. Die hof sê hy likwideer Eureka omdat dit reg en billik is. Reg en billik vir wie?

“Ek is verbitterd hieroor.”

Ons het dalk nog nie die laaste van Adriaan gehoor nie . . .

EKSTRA BRONNE: NETWERK24, SARIE

 ?? ?? Adriaan Nieuwoudt, die kubuskonin­g, het mense in die 1980’s uit miljoene geswendel.
Adriaan Nieuwoudt, die kubuskonin­g, het mense in die 1980’s uit miljoene geswendel.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa