Huisgenoot

MELISA O’NEIL OOR HAAR MAN, SEAN

-

WATER is my lewe. Die strand by Durban en die see. En hy. Hy was daar besig om reg te maak om die Midmar-myl te swem toe ek hom die eerste keer sien. Toe al het ek geweet hy is die man vir my. Maar dit was in die kerk by die dans vir die Downs-deelnemers daardie aand toe my hart vol word.

Ek het hom saam met sy vriende sien staan, toe vra ek: Wie is hierdie? Ek het toe al gesê ek wil met hom trou. Hy het na my pa gekom en gevra of hy sy dogter kan ontmoet. My pa het gesê: “Ja, natuurlik kan julle saam dans.”

Hy het in Johannesbu­rg gebly, maar hy het baie by ons kom kuier.

Ek was nooit voorheen verlief nie. Hy is die enigste een wat ek in my lewe en my hart wil hê. Mense verstaan dit nie, maar dis hoe dit is. My hele hart en my hele siel is by hom. Hy behandel my soos goud.

Hy weet ek hou van kondensmel­kkoffie. Ek het ’n soettand. As hy breakfast maak, is dit spek, eier en wors. Ons arms is ewe sterk omdat ons albei swem. Ons sing ook baie karaoke.

Ons is getroud op 3 Desember 2016. As mense sê dit gaan nie lank hou nie, dan sê ek niks. Ek dink net: “Gaan volg jou eie kop!” Dit het niks met hulle te doen nie. Dis lekker om saam te wees, saam te lag en in die see te swem. Ons was al kwaad vir mekaar. Hy het my al attitude gegee, maar jong, dit was lank terug. Toe maak ons weer op.

Die eerste ding wat ons doen as ons in Durban kom, is om in die swembad te spring. En in die see by Ballito en Umhlanga Rocks. Ons sal elke liewe dag swem as ons kan. Ek is 32 en hy is 39. Hy word 40. Ons is nog spring chickens. Sê dit vir hom. Hy maak deure vir my oop. Hy is my great man forever.

Deel jou liefdesver­haal – of die oomblik toe jy geweet het jy is verlief – met ons: Stuur ’n e-pos na nuus@huisgenoot.com.

 ?? ?? REGS: Melisa en Sean O’Neil op hul troue in Durban. BO: Hulle ryg die swemmedalj­es in.
REGS: Melisa en Sean O’Neil op hul troue in Durban. BO: Hulle ryg die swemmedalj­es in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa