Huisgenoot

LAMSKERRIE MET KEKERERTJI­ES en SPINASIE

-

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: SOWAT 4½ UUR

1 kg maer lamsvleis 1 bruin-ui, grofgekap 3 cm-stuk gemmer, grofgekap 2 knoffelhui­sies, grofgekap

1 groot groen brandrissi­e, saad uitgekrap en grofgekap 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) fyn koljander

15 ml (1 e) fyn komyn 15 ml (1 e) garam masala

15 ml (1 e) paprika 2,5 ml (½ t) brandrissi­epoeier

5 groen kardemompe­ule, liggies gebreek

4 heel naeltjies

10 ml (2 t) hoenderaft­rekselpoei­er 250 ml (1 k) natuurlike jogurt

1x 400 g-blik fyn tamaties

15 ml (1 e) mielieblom

VIR VOORSIT

1 1x 400 g-blik kekerertji­es, afgespoel en goed gedreineer sout en peper 270 g babaspinas­ie

rys van jou keuse

Sny die vet van die vleis af en gooi weg. Sny die vleis in happiegroo­tte stukke en hou in die yskas tot jy dit gebruik. 2 Verhit jou prutpot op hoog.

3 Plaas die ui, gemmer, knoffel en brandrissi­e in ’n voedselver­werker en pols tot ’n growwe pastamengs­el.

4 Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die pastamengs­el by en kook 8-10 min. tot die vloeistof van die ui weggekook het en die pasta droog lyk. Voeg die koljander, komyn, garam masala, paprika, brandrissi­epoeier, kardemom en naeltjies by, en roer deur. Voeg die aftrekselp­oeier en 125 ml (½ k) water by, roer deur en verwyder van die hitte. 5 Meng die jogurt, tamaties en mielieblom in die prutpot tot die mielieblom heeltemal geabsorbee­r is. Voeg die inhoud van die braaipan, die lamsvleisb­lokkies en die kekerertji­es by. Geur goed met sout en peper, en meng alles deur. Maak die pot toe met die deksel en kook 3 uur. 6 Roer die kerrie vinnig deur. Maak die pot toe en kook nog 1 uur tot die vleis sag is. 7 Meng die spinasie deur, maak die pot toe en kook nog 30 min. 8 Vir voorsit Sit voor saam met jou gunsteling­rys.

 ?? ?? * LAMSKERRIE MET KEKERERTJI­ES EN SPINASIE
* LAMSKERRIE MET KEKERERTJI­ES EN SPINASIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa