Huisgenoot

BLINK PLANNE VIR DIE KOMBUIS

-

DIS NOU maar een van daai dinge: G’n huis hou homself skoon nie. Waar ons leef, raak dinge vuil. Maar wie is lus vir skoonmaak ná al die aktiwiteit­e van die dag of week? Hier is raad vir hoe jy vinnig met die kombuis se vuil kan klaarspeel.

DIE OOND

Maak gou-gou ’n vuil oond skoon deur dit ’n vinnige stoombad te gee: Vul ’n oondkastro­l met water en 125 ml (½ k) wit asyn. Verhit die oond tot 180 °C en laat die water 30 min. kook.

Skakel die oond af om af te koel. Gebruik kombuispap­ier om die vetterighe­id mee af te vee.

As daar aangebrand­e gedeeltes in jou oond is, maak ’n pasta van water en koeksoda en bedek die binnekant van die oond met ’n laag daarvan. Los dit 12-24 uur. Maak dit dan met ’n klam lap of spons nat en vee af. Die koeksoda maak die aanpaksels los en maklik om af te vee.

MIKROGOLFO­OND

’n Mikrogolfo­ond is een van die hardwerken­dste toestelle in die meeste kombuise.

Maak dit só skoon: Gooi 250 ml (1 k) water in ’n mikrogolfv­aste bak. Sny ’n suurlemoen middeldeur en druk die sap van albei helftes in die bak uit. Verhit die water 5 min. in die mikrogolfo­ond. Wag dat die bak afkoel, haal dit uit en vee die binnekant van die mikrogolfo­ond met ’n klam lap uit. Die stoom sal aangepakte kos sag maak en makliker om te verwyder.

WASMASJIEN

Die vuilheid van jou klere, linne en handdoeke moet êrens heen gaan, en mettertyd kan dit in die masjien aanpak.

Maak wasmasjien­e met skottelgoe­dwasserpil­le skoon. Plaas tot vier pille in die wasmasjien se drom en skakel ’n warm siklus aan.

SKOTTELGOE­DWASSER

Kalk en ander minerale pak dikwels in skottelgoe­dwassers aan. Kikker jou masjien op deur 250 ml (1 k) suurlemoen­sap in die boonste rak van ’n leë masjien te plaas en ’n gewone wassiklus aan te skakel.

Jy kan ook ’n suurlemoen waarvan jy die sap uitgedruk het op die boonste rak langs jou vuil skottelgoe­d sit. Dit help jou om daardie ekstra bietjie glans in jou skottelgoe­d te kry.

KETEL

Aanpaksels van kalk en ander minerale bou in jou ketel op en veroorsaak lelike bruin vlekke.

Dit lei daartoe dat die ketel nie so goed werk nie en verkort die leeftyd daarvan.

Sny ’n suurlemoen in dun wiele en sit die skywe in die ketel. Vul die ketel met koue water sodat dit die aangepakte gedeeltes bedek. Kook die water met die suurlemoen daarin, los dit vir ’n halfuur en kook dit ’n tweede keer. Dit kan dalk nodig wees om die water ’n derde keer te kook vir hardnekkig­e vlekke. Spoel die ketel met koue water uit.

SNYBORD

Raak van uie- en knoffelreu­ke in jou snybord ontslae deur die oppervlak met ’n pasta van koeksoda en water af te vee.

GLASWARE

Maak kepies en hoekies in vase en flesse skoon deur dit vol water te tap en twee teensuur-bruistable­tte by te voeg. Die borrelreak­sie doen die skropwerk.

DREINE

Min dinge is so onaangenaa­m soos ’n drein wat verstop is of sleg ruik.

Probeer die volgende: Gooi 125 ml (½ k) koeksoda in die wasbak se gat af gevolg deur 125 ml (½ k) wit asyn – dit sal ’n reaksie veroorsaak en die mengsel sal begin borrel en bruis. Laat staan dit sowat 10-15 min. Kook water in ’n ketel en gooi dit versigtig in die wasbak se gat af.

POTTE EN PANNE

Laat aluminiump­anne helderder lyk deur appelskill­e daarin te kook en die pot goed uit te spoel.

Krap aangebrand­e rys, pap of bredie met ’n ou kredietkaa­rt uit potte en bakke. Die plastiek is sag genoeg dat dit nie die metaal krap nie.

Om ontslae te raak van aanbrandse­ls, spoel potte en panne met water uit, voeg dan wasgoedver­sagmiddel by, en los dit oornag. Vee die aanbrandse­ls die volgende oggend af en die potte sal blink. Of sprinkel ’n dun lagie koeksoda oor ’n aangebrand­e boom, voeg 125 ml (½ k) wit asyn by en laat oornag staan. Was dit die volgende oggend goed met warm water en opwasseep.

Giet warm water in die pot of pan, voeg ’n eetlepel asyn by en laat kook. Dis dan makliker om skoon te maak.

Smeer opwasseep aan die onderkant van potte wat op oop vure gebruik word voor jy dit op die vuur plaas. Dit stel jou in staat om die roet maklik af te was.

As die onderkant van jou potte swart geword het, week dit oornag in ’n wasbak water waarin twee skoonmaakp­ille vir kunstande opgelos is.

SILWERWARE

Wend ’n klein hoeveelhei­d tandepasta aan ’n ou tandeborse­l of lap aan. Vryf dit aan jou silwerware en kyk hoe dit begin blink.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa