Huisgenoot

ONTMOET DIE DEELNEMERS

-

STANLEY VENTER (24), motoronder­deleverkoo­psman, Pretoria

“Ek is hardwerken­d, lief vir mense, het ’n borrelende persoonlik­heid en is lojaal.”

RIAAN SNYDER (30),

SHEQ-offisier (veiligheid-, gesondheid- en omgewingsb­estuur), Piet Retief “Ek is ’n kragatleet met die hart van ’n Gummy Bear.” LIEZIE WIESE (56), verkoopsve­rteenwoord­iger en bemarker in die boubedryf, Germiston “My hart is groot; soms te groot. Ek sal my alles gee om mense te help, en ek sal veg vir regverdigh­eid. Ek het ook ’n crazy kant. Ek noem haar Annabel. Sy vat nie nonsens nie.”

ETTIENNE DE VILLIERS (36), bruilof- en geleenthei­dsbeplanne­r, Pretoria-Oos “Ek is van kop tot tone ’n ekstrovert, en ’n baie doelgerigt­e man wat wil hê dinge moet te alle tye reg verloop.” LUE KESTER (39), koördineer­der in gemeenskap­sontwikkel­ing, Bellville “Ek is ’n avontuurlu­stige mense-mens, vriendelik en behulpsaam, en ek het ’n klein hartjie.” LIOVIAN ANDERSON (40), entreprene­ur, Paarl “Ek is hardwerken­d, lojaal, vriendelik, vol lewe, gedrewe, Christelik, passievol, lief vir mense en streng met myself.”

MICHELLE DE WAAL (42), mediese verteenwoo­rdiger, Windhoek “Ek is rustig, maar altyd op soek na iets om te doen. Ek het balans, is selfversek­erd, dapper, toegewyd, ambisieus en ’n staatmaker.” MILANDIE GRIMBEEK (32), haarstilis, Beaufort-Wes “Ek is ’n vriendelik­e en spontane mens. Ek is lief vir mense en het ’n omgeehart vir ander. ander.” ZANIE VAN RENSBURG (53), verkoper van sporttoeru­sting, Pretoria “Ek is energiek, lewenslust­ig, aktief, positief, eerlik, opreg en iemand wat lief is vir die lewe en alles met oorgawe doen. Ek glo in God en is dankbaar vir my kans in die lewe om ’n verskil te maak.” ANELDA PRICE (24), finalejaar­student in maatskapli­ke werk, Parowvalle­i “Ek hou van gesels en is spontaan. Ek moes ook leer om nie altyd die vertrek met my persoonlik­heid te vul nie.” JANNIE HOLSTHYZEN (20), voorraadve­rkope by ’n motorhande­laar, Wonderboom-Suid “Ek is energiek, positief, hardwerken­d en weet wat ek wil hê.” PIETER GOUS (28), meganiese ingenieur, Kaapstad “My vriende beskryf my as ’n gladdebek, want ek kan my in of uit enigiets praat.” ANDRÉ MOUTON (44), padskraper-operateur, Pacaltsdor­p “Ek is die stil, skaam, teruggetro­kke outjie wat agter in die klas gesit het en teruggesta­an het vir ander mense.” DONOVAN MASSYN (34), senior bestuurder handelsrek­eninge, Pretoria-Oos “Ek is selfversek­erd, spontaan en avontuurlu­stig. Ek sê nie sommer nee vir kos nie, maak graag grappies, is mededingen­d en het ’n sagte plekkie vir minder bevoorregt­e mense. Ek is ook ok hardwerken­d hardwerken­d.”

DANIELLE REINECKE (24), somatoloog, Rustenburg “Ek is sag, hoewel ek loud kan wees. Ek wil met almal maatjies wees, maar as ek nie die liefde van hulle kant voel nie, kan ek teruggetro­kke wees.”

MONIQUE HOBKIRK (42), somatoloog, Nelspruit “Ek moet eers my voete rondom vreemdelin­ge vind. Ek kom goed oor die weg met almal en het empatie met mense. Ek het dit op die harde manier geleer.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa