Huisgenoot

‘HOUSEWIFE’, HOLLYWOOD – EN NOU ’N AKTRISE!

MEL, is dit jý? Einste, ja! Dié HUISVROU het PRETORIA vir ’n ruk vir HOLLYWOOD verruil – nou is sy terug en sy’s ’n aktrise LOCAL IS LEKKER

- ANGELOA DAVIDSD So aan Instag as g lie aantre d vertro diewê ho g sty B - MAKAZOLE MAPIMPI

SY HET as ’n skatryk “housewife” van Pretoria haar trane met oranje note – dis nou R200note, as jy gewonder het – afgevee. Geld, het ons in Die Real Housewives van Pretoria gesien, is vir haar “g’n kwessie” nie.

Dit was luukse motors, duur juwele en duurder naels – Tammy Taylor-naels. Dit was ’n huis só groot, jy moet gryp na ’n kaart om die kombuis te kry. Lokke só blond, selfs die son is jaloers.

Onlangs, meer as ’n jaar nadat ons Mel Viljoen en die huisvroue van die omstrede reeks moes groet, laat Mel weer die koppe draai.

Tóé het sy nes ’n wafferse ster in Hollywood se strate paradeer nadat sy aan die reeks The Real Housewives:

Ultimate Girls Trip verfilm het. En nou het sy mense opnuut aan die praat.

Die rede? Sy is nou ook ’n telenovell­e-aktrise!

Die glansryke TV-persoonlik­heid was op 10 en 11 April in twee episodes van die kykNET-reeks Diepe waters te sien.

Watter rol het sy vertolk? Wel, haarself, natuurlik. Hoe anders? Sy is tog Mel Viljoen, ’n karakter op haar eie. “Ek het vir kykNET gesê hulle benodig ’n bietjie vars bloed, so as hulle ooit ’n rolletjie vir my wil gee, sal ek oop wees daarvoor. En toe kom dit wraggies!” vertel sy.

Mel se karakter moes Thandi, gespeel deur Zinhle Mathibela, oplei in haar naelskool, Tammy Taylor Nails, natuurlik.

“Ek voel so geëerd om as myself te kon speel,” borrel Mel. “Verbeel jou jy kan as jouself kom en jy is in die land bekend vir wie jy werklik is.

“Ek is so dankbaar aan Diepe waters dat hulle my in hulle omgewing toegelaat het.”

Sy was in vervoering om saam met akteurs soos Nadia Valvekens, Altus Theart, Reandi Grey en Justin

Strydom voor die kameras te pronk, vertel sy.

“Hulle is so natuurlik! Hulle gaan van normaal tot action mode in oomblikke. Hulle is só gesout, ek het skaam gekry.”

Die twee episodes is oor drie dae verfilm.

Die grootste uitdaging was om haar woorde te onthou, spot sy.

“In ’n werklikhei­dsreeks hoef jy nie woorde te onthou nie, maar vir Diepe waters moes ek dit woord vir woord memoriseer. En alles gebeur met wat voel soos 800 oë op jou. Dis ’n fyn kuns, hoor, en nie so maklik soos dit lyk nie!”

Maar die toneelgogg­a het nou gebyt, sê Mel, en nou hoop sy om nóg rolle los te slaan.

Waar sy gaan tyd kry, weet sy egter nie. “Daar is ’n paar opwindende goed wat nou voorlê. Ek is binnekort nie net landwyd bekend nie, maar ook wêreldwyd!” gil sy van opwinding.

Oor Ultimate Girls Trip wil sy nog nie veel verklap nie, maar een ding kan sy belowe: Die Pretoriase huisvroue kan maar gaan slaap – hier kom hoogdrama.

“Teen volgende maand sal julle my sommer oral sien,” sê sy. “En dit gaan groot pret wees.”

Sowat 17 000 aanhangers op Instagram hou daagliks asem op om te sien in watter uitrusting­s dié Stormersst­er gaan pronk. Hy was nog altyd lief vir mooi aantrek, sê Angelo, maar dit het selfvertro­ue geverg om dié liefde met die wêreld te begin deel.

“Dit hang alles af van hoe ek die dag voel,” sê hy.

“Ek gaan maar op gevoel, maar dit moet nice ni wees.” Sy styl-inspirasie is die All Black Ardie Savea.

Die Sharks-rugbyspele­r is al lank ’n ambassadeu­r vir Puma.

Hy kan vandag nie eens onthou waar sy liefde vir mode vandaan kom nie. “Ons het nie mode-goed in my grootwordd­orpie gedra nie, en niemand het my oor klere geleer nie,” het Makazole in ’n onderhoud met GQ gesê. “Maar ek het ’n oog vir wat goed lyk aan my en wat my die beste pas.”

Veral sy stylvolle pakke beïndruk aanlyn.

0M JOUSELF deel van SEAN

‘DIDDY’ COMBS se binnekring te noem, was op ’n tyd ’n statussimb­ool. Nou skarrel celebs om seker te maak hul name word nie aan die bekende rapper s’n gekoppel nie.

Verskeie bekendes is al teen wil en dank betrek by die bewerings van seksuele aanranding en mensehande­l wat Diddy (54) sedert November in die gesig staar. Die polisie het onlangs met lasbriewe op sy eiendomme in New York, Miami en Los Angeles toegeslaan as deel van die ondersoek.

Sy prokureur, Aaron Dyer, het hierna aan

Us Weekly gesê uitermatig­e geweld op ’n militêre vlak is gebruik toe sy kliënt se eiendomme deursoek is. Volgens hom is daar geen verskoning vir die buitenspor­ige vertoon van geweld en vyandighei­d deur die owerhede óf die manier waarop Diddy se kinders en werknemers behandel is nie.

Hoewel Diddy nie in hegtenis geneem is nie, is hy betrokke by vyf siviele sake teen hom wat uit die bewerings spruit.

Dis egter die regsgeding van R510 miljoen deur die vervaardig­er Rodney “Lil Rod” Jones (38) wat die kollig op Diddy se beroemde vriende plaas. Behalwe dat Rodney die hiphopkoni­ng beskuldig van seksuele aanranding en teistering, sê hy ook hy het bewyse van ander onwettige bedrywighe­de waarby hy betrokke is.

Klopjagte Klopja is onlangs onlang op Diddy se eieneiendo­mme in New YYork, Miami en Los Angeles uitgevoer.

As Rodney geglo kan word, het Diddy teenoor hom erken dat hy deel was van ’n skietery by ’n New Yorkse nagklub in 1999 waarin drie mense beseer is. Diddy, sy destydse meisie Jennifer Lopez, en die rapper Shyne is ná die voorval in hegtenis geneem. Die klagte teen J-Lo (54) is laat vaar, en Diddy is ná ’n verhoor van sewe dae onskuldig bevind.

Die hertog van Sussex word ook genoem in die dokumente. Volgens Rodney is Harry (39) een van die hoëprofiel-bekendes waarmee Diddy destyds bevriend geraak het om hom en sy vriende “legitimite­it” en status te gee.

Die rapper 50 Cent se voormalige vriendin Daphne Joy (37) word deur Rodney as een van Diddy se sekswerker­s genoem. Die twee rappers is al jare lank haaks met mekaar, en sedert die bewerings bekend geraak het, het 50 Cent, soms ook Fiddy (48) genoem, om alleentoes­ig van sy en Daphne se seun, Sire Jackson (11), aansoek gedoen.

Selfs al word hy nie regstreeks in die hofdokumen­te genoem nie, verwag Ashton (46) luidens berigte om as getuie geroep te word. Die akteur en Diddy is al sedert 2003 vriende en Ashton is in die verlede by talle van die rapper se partytjies opgemerk. Ashton het in 2019 in ’n onderhoud oor hul vriendskap gesê: “Daar is baie wat ek nie kan vertel nie.”

ORT gelede was mans van Mars en vroue van Venus. Deesdae word mense gesien as “Golden Retrievers” of “Black Cats”. Dis die nuutste manier waarop aanhangers op TikTok hul gunsteling-sterre etiketteer.

Golden retrievers word beskou as mense wat opwindend, lojaal en nie skaam is om hul gevoelens te wys nie, asook baie ondersteun­end is. Die swart katte, aan die ander kant, word beskryf as introverte wat nie baie sosiaal is nie en min emosie wys.

Die golden retriever waaroor waarskynli­k die meeste gegons word, is se kêrel,

wat nie skaam is om sy bewonderin­g vir haar te wys nie. Van sy eerste poging om Taylor (34) van hom bewus te maak by een van haar konserte, tot boodskappe op die voetbalvel­d en vlugte oor die aardbol om haar te sien optree, Travis dra sy hart op die mou.

“Sy’s ongeloofli­k,” het hy al aan verslaggew­ers by ’n mediakonfe­rensie gesê. “Sy is besig om die geskiedeni­sboeke te herskryf. Ek het vir haar gesê ek sal my y kant moet bring g en ’n slag ook een of ander r trofee of medalje huis toe brin bring.”

KTRAVIS KELCE, TAYLOR SWIFT RYAN GOSLING

Die Barbie- akteur (43) se uitbundige reaksie toe Messi, die hond in die fliek Anatomy of a Fall, met sy pote geklap het tydens Robert Downey jr. se toespraak by die Oscars, het aanhangers vir dae laat praat oor sy energie. “Ryan Gosling se uitroep: ‘ A dog!’ toe hulle wys hoe Messi klap, is die meeste aanklank wat ’n bekende in jare by die publiek gevind het,” het een persoon op Instagram gesê.

CILLIAN MURPHY

Die Oppenheime­r- akteur het so ’n swartkat-persoonlik­heid dat sy antisosial­e maniere ’n meme geword het. “Ek gaan nie uit nie. Ek is meestal tuis, of saam met vriende, behalwe as ek ’n rolprent moet bemark,” het Cillian (47) aan Rolling Stone gesê.

GWEN STEFANI

het ’n tweede keer liefde gevind by ’n mede-golden retriever, die countrysan­ger

(47). By Blake se Hollywood Walk of Fameseremo­nie het Gwen (54) skoon liries geraak en gesê: “Almal weet jy is my droom wat waar geword het. Ek is lief vir jou.”

SHELTON BLAKE

Die beeldskone en sensuele

(48) is ook die perfekte swart kat. Sy mag dalk een van die grootste en bekendste name in Hollywood wees, maar verkies tyd saam met haar kinders bo ’n sosiale lewe. “Hulle is die naaste mense aan my en my lewe, en hulle is my naaste vriende,” het die aktrise al aan die tydskrif WSJ gesê.

JOLIE ANGELINA

 ?? ?? Die akteurs van Diepe waters het MeMel Viljoen met ope arms verwelkom en haar ’n paar wenke gegee. LINKS is sy by Vinette Ebrahim, wat Valencia speel, BO by Tracey-Lee Oliver en REGS by Justin Strydom en Reandi Grey.
Die akteurs van Diepe waters het MeMel Viljoen met ope arms verwelkom en haar ’n paar wenke gegee. LINKS is sy by Vinette Ebrahim, wat Valencia speel, BO by Tracey-Lee Oliver en REGS by Justin Strydom en Reandi Grey.
 ?? ?? Mel (derde van regs) saam met van die Diepe waters- akteurs. Van links is Justin, Danielle Swanepoel, Tracey-Lee, RezeTiana Wessels, Danè de Waal en Reandi.
Mel (derde van regs) saam met van die Diepe waters- akteurs. Van links is Justin, Danielle Swanepoel, Tracey-Lee, RezeTiana Wessels, Danè de Waal en Reandi.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Die rapper se prokureur beweer die owerhede het uitermatig­e geweld gebruik.
Die rapper se prokureur beweer die owerhede het uitermatig­e geweld gebruik.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? KIM SNYDERS
KIM SNYDERS
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa