Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

-

1 SÝ WAS DIE HARTEDIEF

Brendan Peyper het Janae Stander gekies nadat hy in Op my eish! na liefde gesoek het, maar ongelukkig was die romanse van korte duur

Wow, dit was alles so

mooi gewees. Die rokke, die vroue, Brendan en ook die venue. Ek het my verkyk aan die drie mooiste vroue in hul spogrokke. Ek gaan die program en al die vroue baie mis. RIANA

My gunsteling­e was Rachelle en Katja.

Julle is droomvroue vir enige man. Julle is pragtig, spontaan en selfstandi­g. Die regte mens sal julle op die regte tyd baie gelukkig maak. Vertrou en glo dit. Baie seënwense vir julle twee. HANNELIE

En daar val 13 weke se kyk toe so plat soos ’n pannekoek wat my betref.

Rachelle is duidelik die oulikste en standvasti­gste jong vrou en het so mooi by hom gepas.

RITA

Brendan, moenie worry oor negatiewe kommentaar nie.

Baie geluk aan jou en Janae. My keuse was Katja, maar net jy kan kies wie jou gelukkig gaan maak. Sterkte vorentoe. Maak nie saak wie wat sê nie, jy is ’n oulike seun. ANSIE

2 Glam Guru Hannon bevestig sy eks, Julius, is veilig

Ek is regtig baie bly vir sowel Hannon as

Julius. Ek hoop hulle sal weer by mekaar uitkom ook. Dat daar vorentoe weer herstel sal kom. Hannon en Julius, sterkte aan julle albei.

COLETTE

Jy het my simpatie,

Hannon. Maar jy is ’n sterk mens en sal dit kan verwerk. Jy het jou loopbaan en is ’n suksesvoll­e mens. REA

3 Het Amor nuwe liefde gevind?

Ek is baie bly vir jou,

Amor. Jy is al deur soveel, maar jy is regtig ’n sterk vrou en jy laat niks en niemand jou onderkry nie. Geniet mekaar. BERNADETTE

Sy het alle reg om gelukkig te wees; laat haar begaan.

Soms moet ’n mens ’n hele paar paddas soen voor jy jou prins kry. Hy gaan nie net op ’n perd na jou toe aangery kom nie. Ek soen nog steeds wanneer ek die kans kry. RACHEAL

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa