Huisgenoot

FLITSVRAE: ERICA WESSELS

Aktrise, te sien in Donkerbos

-

Wat is geluk vir jou?

Geluk vir my is vryheid.

Wanneer en waar was jy op jou gelukkigst­e? Ná die koms van my kinders.

Wat verveel jou? Mense wat skinder en mense wat kla.

Waaroor is jy spyt? Dat ek in my 20’s en 30’s te veel tyd gemors het aan verhouding­s wat redelik voor die hand liggend nie gewerk het nie.

Hoe sal die mense wat jou goed

ken jou beskryf? Hopelik as liefdevol en kind. Bietjie van ’n weirdo. ’n Diepduiker, intens, eksentriek, baie eerlik, te eerlik. Soms kreatief.

Wat is jou beste eienskap?

Die feit dat ek nogal vir almal spasie gee om hulself te wees.

Wie of wat kan jy nie verduur nie? Kleinighei­d. Die Engelse woord is pettiness.

Wie is jou helde? Ek voel so half ek het ’n klomp, en geen. Mag ek sê Jesus? Ja, Hy.

Wat is jou gunsteling­gesegde

in Afrikaans? Dit sit nie in elke man se broek nie.

Wie of wat is/was die liefde van jou lewe? My kinders.

Watter talent sou jy wou hê?

Ek sou baie daarvan gehou het om ordentlik die tjello, viool en klavier te kon speel.

Wat is jou grootste uitspattig­heid waaraan jy die meeste

geld bestee? Ek spandeer heeltemal te veel geld aan serums, rome, facials, liprome, oogrome, elke moontlike ding wat jou laat gloei, want ek is so half into natural aging. You kinda have to do whatever you can do.

Wat doen jy eerste wanneer jy

soggens opstaan? Ek maak my oë toe en dink: “This is the day the Lord has made. I will rejoice and be glad in it. I will rejoice and be glad in it.” Dan drink ek ’n groot glas water en ’n groot koppie koffie.

Wat is jou gunsteling­item in jou huis? Die kuns teen my mure.

Wat maak jou trots om ’n Suid-Afrikaner te wees? Die mense. Die mense in hierdie land is ongeloofli­k.

Waarop is jy trots? Ek is trots op my kinders. Ek is trots op myself as ma. Ek dink partykeer “jis, dis moeilik”, but I think I’m doing well. Dis geweldig belangrik vir my, en ek is trots daarop.

As jy alleen is op ’n eiland en jy het net een boek om te lees – wat is dit? Man’s Search for

Meaning.

Wat is liefde? Om jouself te wees en gesien en aanvaar te word, en in die proses van dít totaal en al getransfor­meer te word – en in die proses van dít dit te saai vir ander.

HIER’S NOG: BESOEK HUISGENOOT.COM VIR DIE VOLLEDIGE VIDEO-ONDERHOUD “50 VRAE MET ERICA WESSELS” EN DIÉ VAN ANDER BEKENDES.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa