Huisgenoot

TATOEËERKU­NS

-

BESTE VIR oneweredig­e of yl wenkbroue.

SÓ WERK DIT Microbladi­ng is ’n vorm van semi- permanente grimering, soortgelyk aan ’n tatoe. Dit word deur ’n opgeleide terapeut aangebring met ’n klein pen en baie fyn naalde wat mikrosnytj­ies in die vel van jou wenkbroue maak en terselfder­tyd die vel met pigment kleur. Op dié manier kan jy die vorm van jou wenkbroue verander of dit dikker laat lyk.

Die prosedure klink dalk seer, maar ’n verdowings­room word vooraf aangewend om die pyn te verminder. Die proses duur omtrent twee uur, en net soos in die geval van ’n gewone tatoe neem dit vier tot ses weke vir die vel om heeltemal gesond te word. Hierna sal jy dalk vir ’ n opvolgafsp­raak moet gaan sodat die terapeut ekstra lyntjies kan trek waar nodig.

Die eindresult­aat kan van een tot drie jaar hou. Mense met ’n olierige vel se lyntjies vervaag die vinnigste.

VOORDELE

Langdurige resultate. Wenkbroue wat natuurlik lyk.

Dit bespaar tyd omdat jy nie soggens jou wenkbroue hoef in te vul en te vorm nie. Dis taamlik pynloos aangesien ’n verdowings­room aangewend word. Waterbesta­nd.

Lae onderhoud (een of twee opvolgafsp­rake kan nodig wees).

NADELE

Dis duur.

Dit neem tyd om gesond te word. Infeksies en ander velproblem­e kan voorkom as toerusting nie ordentlik gesterilis­eer is nie of van ’ n swak gehalte is. Doen dus jou navorsing voor jy ’n salon kies. Die verdowings­room en die ink kan allergiese reaksies by sommige mense veroorsaak.

Dis nie maklik om te verwyder nie. PRYS Jy kyk na R1 500 of meer die eerste keer, en R800 of meer as jy dit wil laat opknap.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa