Huisgenoot

SIT-SIT SO? STAAN OP!

-

ONS almal bring te veel tyd op ons sitvlak deur – of dit nou voor jou rekenaar is terwyl jy werk, of terwyl jy besig is om televisie te kyk. Maar om al sittend deur die lewe te gaan, is nie goed vir jou nie. ’n Nuwe studie deur navorsers aan die Universite­it van Kalifornië het selfs gewys deelnemers wat meer as 11 uur per dag sit se risiko om te sterf is 57% hoër as dié van mense wat minder as nege uur per dag sit. En selfs dít is baie.

Ander navorsing wys weer dis voordelig vir jou gesondheid om elke halfuur op te staan. As jy langer as dit stilsit, verhoog jou bloeddruk en suikervlak­ke.

HOE AFFEKTEER TE VEEL SIT JOU?

Dit verswak jou been- en boudspiere. Dié spiere is belangrik vir stap en om jou balans te handhaaf. As dit verswak, is jy meer geneig om seer te kry as jy val of om dit te verrek as jy oefen. Die spiere in jou heupe kan ook verswak.

Rugpyn? Dis dalk van te lank sit. Dit kan ook pyn in jou nek en skouers veroorsaak. Dit kan druk op die senuwees in jou ruggraat plaas of veroorsaak dat jy ’n geïrriteer­de of vasgeknypt­e senuwee kry.

Jy kan sukkel om ’n gesonde liggaamsge­wig te handhaaf. Om te beweeg help om vet en suiker te verteer. As jy te veel sit, kan vertering nie so doeltreffe­nd plaasvind nie.

Dit kan jou geestesges­ondheid beïnvloed, want genoeg beweging is belangrik vir jou welstand.

Dit kan op die lange duur bydra tot ernstige gesondheid­skwessies soos vetsug, diabetes en hartsiekte­s.

WAT KAN JY DOEN?

Kry ’n staanlesse­naar as jy kan. Dit sal jou ’n rukkie neem om daaraan gewoond te raak, maar die voordele sal dit die moeite werd maak – nie net vir jou postuur nie, maar ook vir jou gesondheid.

Staan gereeld op om bietjie te strek as jy wel bedags baie moet sit. Dit voel dalk onnodig, maar dit maak ’n groot verskil. Sommige slimhorlos­ies kan gestel word om te vibreer as jy te lank stilsit. Probeer om elke halfuur of minstens elke uur op te staan.

 ?? ?? GESONDHEID
GESONDHEID

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa