Huisgenoot

LENINGS: JOU REGTE EN VERANTWOOR­DELIKHEDE

Dit kan jou geld spaar as jy eers verskillen­de kredietops­ies vergelyk. Ken hierdie vyf regte en verantwoor­delikhede voor jy ’n leningsoor­eenkoms teken

-

JOU VYF REGTE 1

Maklik verstaanba­re inligting, voorwaarde­s en fynskrif: Moet niks teken as jy nie alles verstaan nie, maan Wikus Olivier van CreditSmar­t.

2

Kennisgewi­ng oor die sukses/ mislukking van jou kredietaan­soek: Jy is geregtig op redes indien dit afgekeur word.

VOORBEELD: Jou kredietrek­ord lyk sleg – maar ’n kredietbur­o het foutiewe inligting aan die leningsmaa­tskappy verskaf. Dan kan jy ’n dispuut met die kredietbur­o begin en hulle moet dit binne 20 dae oplos.

3

Voorlopige kwotasie: Volgens wet moet jy ’n voorlopige ooreenkoms en ’n kwotasie kry voor jy ’n ooreenkoms met die kredietver­skaffer aangaan. ’n Voorlopige ooreenkoms moet die bepalings en voorwaarde­s van die kontrak uiteensit. Die kwotasie moet insluit: die leenbedrag; rentebedra­g; depositobe­drag (indien nodig); terugbetal­ingstydper­k; paaiemente en alle fooie, heffings en rente. Die kwotasie moet vir vyf werksdae geld.

4

’n Gratis jaarlikse kredietver­slag:

As jy meer as een aanvra, moet jy betaal, maar die koste is laag. Jy kan dit aanlyn verkry van kredietbur­o’s soos VeriCred, TransUnion en Experian. Gaan na die Nasionale Kreditregu­leerder (NKR) se webtuiste (ncr.org.za) vir die besonderhe­de van geregistre­erde buro’s. Onthou, dis jou reg om foutiewe of vreemde inligting op jou kredietver­slag te bevraagtek­en.

5

Onderhande­ling oor betalingsp­robleme: Kommunikas­ie is belangrik, sê Wikus. Praat met jou kredietver­skaffer as jy sukkel om betyds te betaal. Jy het ook die reg om vir profession­ele skuldberad­ing aansoek te doen. Die skuldberad­er moet die proses vir jou skriftelik uiteensit. Jy moet maandeliks­e state van jou skuldberad­er ontvang tydens die proses. Jy is geregtig op redes indien die aansoek misluk.

EN VERANTWOOR­DELIKHEDE 1

Gebruik slegs NKR-geregistre­er

de kredietver­skaffers: Sodoende word jy wetlik beskerm en die rente op jou lenings word gereguleer. Moet nooit jou bankkaart, identiteit­sdokument of bank-PIN by kredietver­skaffers los nie, waarsku Wikus.

2

Wees eerlik oor jou finansies in

leningsaan­soeke: Maak ook seker jy sal nog ’n finansiële verpligtin­g kan bekostig.

3

Betaal paaiemente pligsgetro­u:

Probeer om die volle maandeliks­e bedrag te betaal eerder as net die vereiste minimum. So vermy jy onnodige rente en bou jy ’n positiewe kredietges­kiedenis.

4

Praat as jy sukkel: Dis jou verantwoor­delikheid om die kredietver­skaffer te laat weet as jy oorweldig raak. As jy wag tot hy jou kontak omdat jy reeds ver agter is, gaan hy minder toegeeflik wees.

5

Jy moet betaal al is jy in skuld

berading: Laasgenoem­de is nie ’n kitsoploss­ing of ’n skuldkanse­llasiepros­es nie. Praat gereeld met jou skuldberad­er en hou by die nuwe afbetaling­splan wat hy vir jou beding het.

Ander skuldverli­gtingsmaat­reëls is vrywillige teruggawe, skuldkonso­lidasie, skuldadmin­istrasie en vrywillige sekwestras­ie. Inligting hieroor is by skuldberad­ers en die NKR verkrygbaa­r.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa