Huisgenoot

Die wêreld se grootste verkiesing ooit

-

INDIË se komende verkiesing gaan die grootste een wees wat die wêreld al ooit beleef het. Die vorige grootste verkiesing was ook in Indië, in 2019. Dié Asiatiese land het die grootste bevolking in die wêreld – 1,4 miljard (1,4 duisend miljoen) mense en omtrent 969 miljoen van hulle is stemgeregt­ig. Dit is sowat 150 miljoen meer as in 2019. (In Suid-Afrika het net sowat 27 miljoen mense geregistre­er om vanjaar te stem.)

SOVEEL OPSIES!

Tydens die vorige verkiesing in 2019 was daar 8 000 kandidate wat Indië se sowat 2 660 politieke partye verteenwoo­rdig het.

Uit die kandidate word 543 lede vir die laerhuis van hul parlement (sien Woord van die Week) gekies. Dit staan bekend as die Lok Sabha, oftewel huis van die mense.

Die Lok Sabha verkies die eerste eerstemini­ster minister van Indië, Indië wat die hoof van die uitvoerend­e deel van die regering is. Indië het ’n tweekamerp­arlement, met die hoërhuis wat as die Rajya Sabha bekendstaa­n.

LAAANG VERKIESING

In die meeste lande vind verkiesing­s op een dag plaas, en dan word die stemme getel. Maar omdat daar so baie mense is wat moet stem in Indië, en die magdom stemme getel moet word, vind hul verkiesing oor ses weke plaas. Vanjaar se verkiesing duur van 19 April tot 1 Junie. Die uitslae sal op 4 Junie bekendgema­ak word.

Indiese wette vereis dat daar stemlokale binne 2 km van elke kieser moet wees. Vir vanjaar se verkiesing is meer as ’n miljoen stemlokale gereed gekry, en 15 miljoen mense gaan daar werk.

Mense bo 80 kan uit die gemak van hul eie huis stem.

Indië gebruik sedert 2004 slegs elektronie­se stemme. Kiesers gaan vanjaar deur middel van 5,5 miljoen elektronie­se stemmasjie­ne stem.

Elke politieke party word deur ’n simbool voorgestel. Dit dateer van 1951 toe 80% van die bevolking ongeletter­d was. Dit was makliker om ’n politieke party met ’n simbool te vereenselw­ig. Dis soos die kenteken van maatskappy­e.

Die partye p y kan nie self kies watter wa simbool hulle voorstel nie. Die Indiese Verkiesing­skommissie neem daardie besluit. As ’n simbool aan ’n party toegeken word, bly dit vir altyd hulle s’n. Dit kan nie aan ’n ander party oorgedra word nie.

Daar word voorspel dat Narendra Modi se Bharatiya Janata Party die verkiesing sal wen en hy die derde keer agtereenvo­lgens tot eerste minister verkies sal word.

 ?? ??
 ?? ?? ’n nGroep Groep vroue tydens die vorige nasionale verkiesing in Indië in 2019.
’n nGroep Groep vroue tydens die vorige nasionale verkiesing in Indië in 2019.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa