Knysna-Plett Herald

Rheenendal inwoner (106) ter ruste gelê

- Stefan Goosen

’n Bekende – en moontlik een van die oudste – inwoners van Rheenendal is onlangs oorlede.

Catherine Brinkhuis is gebore op 21 Januarie 1911 as een van vyf kinders, en is op die rype ouderderdo­m van 106 oorlede op 15 Julie vanjaar. Sy is te Rheenendal begrawe op 27 Julie.

Brinkhuis se nooiensvan was Boesak, en sy is in die Goukamma-distrik gebore.

Volgens haar susterskin­d Rosina Manewil, het Brinkhuis skool gegaan te Goukamma, maar moes sy skool verlaat op ’n vroeë ouderdom in graad 5 weens verskeie redes. Manewil het gesê Brinkhuis het later as huishulp in die omgewing begin werk.

Binnekort, volgens Manewil, het Brinkhuis haar toekomstig­e man Johannes (Brinkhuis) ontmoet, is haar eerste en enigste kind, ’n dogtertjie, gebore, en het die gesin Sedgefield toe verhuis. Johannes het in 1991 in ’n motorongel­uk gesterwe.

Nadat Johannes se heengaan, het Manewil gesê, het Brinkhuis as huishulp by ’n vrou in Sedgefield begin werk en ingewoon. Sy het vir 28 jaar lank in Sedgefield gewerk en woon.

“Weens haar suikersiek­te en hoë bloeddruk kon sy naderhand nie werk nie, en het sy by haar suster, my ma, in Rheenendal gaan woon, waar sy vir die afgelope 19 jaar gebly het tot haar afsterwe,” het Manewil gesê.

Brinkhuis laat haar dogter, een kleindogte­r, vier agterklein­kinders, en drie agteragter­kleinkinde­rs na.

Manewil het Brinkhuis beskryf as ’n baie goeie en stil mens, wat hardwerken­d en baie vrygewig was. “As iemand in nood was, het sy hulle gehelp,” het Manewil gesê. “En sy het altyd van ’n goeie grappie gehou en lekker saam gelag,” het sy bygelas.

“Sy het defnitief ’n goeie lewe gehad. Daar is min van ons wat daardie ouderdom kan behaal!”

 ?? Foto: Verskaf ?? Die laaste foto wat van die 106-jarige Catherine Brinkhuis geneem is.
Foto: Verskaf Die laaste foto wat van die 106-jarige Catherine Brinkhuis geneem is.
 ??  ?? Catherine Brinkhuis soos sy in haar ID-boekie verskyn – een van die min foto’s wat haar familie van haar het.
Catherine Brinkhuis soos sy in haar ID-boekie verskyn – een van die min foto’s wat haar familie van haar het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa