Knysna-Plett Herald

Skryf nou in vir spanskiet

-

Op 29 September bied die Eden-jaggeweers­kietvereni­ging die Gong Team Challenge aan en nooi skuts van regoor die land uit om spanne in te skryf voor Dinsdag 25 September.

Grootste borgskap

Safari Outdoor het vir die tweede agtereenvo­lgende jaar een van die grootste borgskappe tot dusver in SuidAfrika­anse skietgeski­edenis

– meer as R300 000 se pryse – aangebied en Edenjaggew­eerskietve­rening het die eer te beurt geval om hierdie skietkompe­tisie aan te bied op 29 September te Louvain-gasteplaas, 60km buite George.

Spanne van vier lede kan inskryf vir hierdie geleenthei­d, waar daar op 30 staalplate geskiet gaan word op ses verskillen­de bane oor onbekende afstande wat sal wissel van 150 tot 400m. Die bane se uitleg sal tipiese jag-situasies simuleer, en kan skuts verwag om te skiet oor rotse, boomstompe, driepootst­okke en kontoerwal­le.

Spanlede kan saamwerk met die afstandska­tting en onderling bepaal wie die beste uit die moontlike sit-, staan- of lê-posisie vir die span sal presteer. Die borge het dit goed gedink om twee klasse te skep waarin spanne kan deelneem: Hardebaard, vir meer ervare kompetisie­skuts; en Melkbaard, vir die meer sosiale klas.

Die dag word afgesluit met ‘n prysuitdel­ing en aansit-ete in Louvain se onthaalsaa­l, alles ingesluit by die inskrywing­sfooi.

Inskrywing­s is reeds van regoor die land ontvang van so vêr as Gauteng, Natal en die Vrystaat.

Meer inligting hier

Kontak Jacques du Plooy op 082 940 0789 of Christo Delport op 079 498 6227 vir verdere besonderhe­de, of besoek www.so.co. za/pages/gong – Verskaf

 ?? Foto’s: Verskaf ?? Spanne van vier lede kan inskryf vir die Edenjaggew­eerskietve­reniging se Gong Team Challenge, waar daar op 30 staalplate geskiet gaan word op ses verskillen­de bane.
Foto’s: Verskaf Spanne van vier lede kan inskryf vir die Edenjaggew­eerskietve­reniging se Gong Team Challenge, waar daar op 30 staalplate geskiet gaan word op ses verskillen­de bane.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa