Knysna-Plett Herald

Icosa steeds hier, al steun hul PMC

- Michelle Pienaar

Die politieke party Icosa gaan nie vanjaar aan die nasionale verkiesing op 29 Mei deelneem nie, maar hulle gaan wél hul steun aan 'n ander party gee.

"Ons ondersteun die People's Movement for Change (PMC), waarvan Marius Fransman die leier is, in die komende verkiesing," het Icosa se interimlei­er, Dawid Kamfer, gesê.

Na hierdie nuus vroeër in April gebreek het, is heelwat van die Icosa-lede onder die indruk dat die party nie meer voortbesta­an nie. "Dit is vir ons 'n groot probleem wat ons moet regstel," het Kamfer gesê.

"Dit is belangrik dat almal weet ons is nog steeds hier, ons neem net nie aan die verkiesing deel nie, omdat daar 'n hofsaak is oor Icosa se leierskap."

'n Leierskaps­dispuut heers tans tussen die party se voormalige president, Jeffrey Donson en Kamfer, wat vroeër die party se provinsial­e leiersposi­sie beklee het. Donson en Kamfer het mekaar geskors van hul posisies. Die feit dat daar 'n aktiewe hofsaak aan die gang is rakende Icosa se leierskap is die hoofrede waarom hulle nie aan die verkiesing kan deelneem nie.

Icosa kon ook nie genoeg handtekeni­nge vir hul party kry teen die spertyd van die onafhankli­ke verkiesing­skomitee nie. Volgens Kamfer is dit duidelik dat Donson die party soos 'n familiebes­igheid bedryf het. Hy is vol vertroue dat dinge na die hofsaak sal beter gaan.

Steun aan PMC

"Baie mense het ons gevra vir wie gaan Icosa-ondersteun­ers in die komende verkiesing stem," het Kamfer gesê. Na gesprekke met verskillen­de politieke partye se leiers is daar tydens die eerste naweek van April in Ceres die besluit geneem om Marius Fransman en die PMC te ondersteun.

Van die sake waaroor Icosa sterk voel is die naamsveran­dering van Kaapstad Internasio­nale Lughawe na Krotoa, onbillike plaasuitse­ttings en die mishandeli­ng van plaaswerke­rs, die blok van krag en water en die voorgestel­de wysigings aan Wet op Basiese Onderwys (Bela Bill).

Icosa en PMC se leierskap sal volgende naweek 27 en 28 April besoek aflê in Oudtshoorn, Knysna, George en Mosselbaai.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Dawid Kamfer (links) en Jeffrey Donson in gelukkiger dae, Augustus 2020.
Foto: Michelle Pienaar Dawid Kamfer (links) en Jeffrey Donson in gelukkiger dae, Augustus 2020.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa