Kuier Combo

FRANSE KROEGKOS

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 kg stowebeesv­leis 1 groot ui, fyngekap 2 mollige knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 2 koppies rooiwyn 1 groot wortel, geskraap en in muntstukki­es gesny 3 bay leaves (lourierbla­re) 3 takkies tiemie ’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap 2 eetlepels olie plus nog 3 eetlepels vir braai 200 g dik spek, in repies gesny 1 eetlepel koekmeel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie beesvleisa­ftreksel 4 groot uie, in kwarte gesny (of 16 piekelgroo­tte uie) 1 x 250 g houer knopiesamp­ioene, in skyfies gesny 1 eetlepel koekmeel 1 eetlepel botter

METODE

Plaas die stowevleis saam met die ui, knoffel, rooiwyn, wortel, bay leaves, tiemie, pietersiel­ie en 2 eetlepels olie en laat staan oornag. Dreineer die vleis en groente en hou die vloeistof eenkant vir later. Verhit die olie vir braai in ’n swaarboomk­astrol (wat dig met ’n deksel kan toemaak en in die oond kan gaan). Braai die spek daarin en voeg die gedreineer­de vleis en groente by. Braai tot die vleis begin verkleur en sprinkel die 1 eetlepel koekmeel daaoor. Roer goed deur en roer die vloeistof waarin die vleis oornag gemarineer het, by. Voeg die aftreksel by en bring die mengsel tot kookpunt. Geur met sout en peper. Bedek die pot en plaas in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir ’n uur lank. Voeg die uie en sampioene by en plaas terug in die oond vir ’n verdere 30 – 45 minute of tot die vleis murgsag is en van die bene afval. Die pot gaan baie souserig wees, so maak ’n pasta van die 1 eetlepel koekmeel en 1 eetlepel botter (2 – 3 van elk indien nodig) en roer deur die pot. Kook oor matige hitte tot die sous begin dik word. Roer en voeg nog sout en peper by indien nodig. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa