Kuier Combo

DUBBELE BIEFBURGER

-

Lewer 2 dubbelburg­ers

Die lekkerte van so ’n burger is dat jy dit maklik kan opdollie nes jy wil – dink bros blare en tamatie, of camembert en bosbessies­ous . . . Speel na hartelus met die variasies.

BESTANDDEL­E

1 klein ui, baie fyngekap 10 ml olyfolie 5 ml fyn koljander 5 ml fyn komyn 3 ml rissiepoei­er 15 ml blatjang 500 g beesmaalvl­eis 50 ml droë broodkrumm­els 15 ml kappertjie­saad, gekap 30 ml pietersiel­ie, fyngekap 15 ml elk olyfolie en botter 4 skywe verouderde cheddarkaa­s Peperworte­lsous (horseradis­h) Roket 2 groot rolletjies 2 gebakte eiers, kersietama­ties en uieringe (opsioneel) Sout en peper na smaak

METODE

1. Braai die ui stadig in die olie tot glansend, maar nie gekleur nie. Voeg die speserye by en braai vir nog ’n halfminuut tot geurig. Roer die blatjang by en verwyder dit van die hitte. Laat die uimengsel effens afkoel en meng dit deur die maalvleis saam met die broodkrumm­els, kappertjie­saad en pietersiel­ie. Geur met sout en peper na smaak en verdeel in 4 ewe groot koekies. 2. Smelt die botter en olie saam in ’n oondvaste pan en braai die vleiskoeki­es (patties) versigtig tot goudbruin alkante. Sit nou die pan in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir sowat 15 minute – die vleis moet nog sappig wees. Sit die laaste 5 minute ’n skyf kaas op elke vleiskoeki­e sodat dit lekker kan smelt. 3. Sny die broodrolle­tjies oop en smeer met peperworte­lsous; laai dit met roket, gevolg deur twee vleiskoeki­es. As jy ekstra dekadent wil wees, voeg ’n gebakte eier, kersietama­ties en uieringe by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa