Kuier Combo

BEESVLEIS-EN-SAMPIOEN-PASTEI

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

Vir die deeg 100 g klappermee­l 50 g uitgedroog­de klapper (coconut) 50 g fyn amandels 40 g parmesaank­aas, gerasper 100 g botter, in blokkies gesny 1 ekstragroo­t eier Vir die vulsel 3 teelepels beesvet 600 g kruisskyf (rump steak), in blokkies gesny Himalayan-sout en swartpeper 2 uie, in ringe gesny 3 knoffeltoo­ntjies, fyngekap 3 selderysti­ngels, gesny 2 teelepels gedroogde tiemie 350 g portabelli­ni-sampioene, in blokkies gesny 2 teelepels tamatiepas­ta ½ koppie rooiwyn 2 koppies tuisgemaak­te beesvleisa­ftreksel 1 eier, geklits om die pastei mee te verf

METODE

Deeg: Plaas al die bestanddel­e (behalwe die eier) in ’n voedselver­werker en meng tot die mengsel soos broodkrumm­els lyk. Giet die mengsel in ’n bak, giet die eier by en roer sodat ’n deeg vorm. Bedek die mengsel met moeselien en hou eenkant. Vulsel: Verhit 2 teelepels beesvet in ’n pot en geur die steak. Soteer in sarsies tot bruin, haal uit die pot en hou eenkant. Vee die pot uit en verhit die oorblywend­e beesvet en soteer die ui tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, seldery, tiemie en sampioene by en soteer oor hoë hitte vir 3 minute. Voeg die tamatiepas­ta by en kook vir nog ’n minuut. Giet die steak terug in die pot, voeg die wyn en aftreksel by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut vir 1 uur. Haal van die hitte af en laat koel af. Pasteie: Voorverhit die oond tot 170°C. Rol die helfte van die deeg uit en sny in sirkels groot genoeg om die bodems van 6 x 10 cm pasteibakk­e te bedek. Giet die vulsel in die pasteidopp­e en borsel die pasteideks­el met die geklitse eier. Druk die rande met ’n vurk vas en maak klein kepe op die pasteideks­el vir die stoom om te ontsnap. Sny enige deeg wat oorhang, met ’n skerp mes af. Bak vir 30 – 40 minute of tot goudbruin. Bedien met ’n warm slaai. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa