Kuier Combo

PERFEKTE PIZZA

Omskep jou kombuis in ’n pizzeria en steel jou kinders se harte. Jy kan ook maklik jou eie deeg maak en rondspeel met toppings net soos julle daarvan hou.

- Deur Samantha Liedeman

PIZZADEEG

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

500 g koekmeel 1 pakkie kitsgis (yeast) 1 teelepel sout 1 eetlepel suiker 2 eetlepels olyfolie Genoeg louwarm water om ’n hanteerbar­e deeg te vorm

METODE

Voeg al die bestanddel­e bymekaar om ’n hanteerbar­e deeg te vorm. Knie die deeg op ’n skoon oppervlak vir 10 minute. Plaas in ’n bak en bedek met kleefplast­iek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume. Knie liggies af en verdeel in 3 ewe groot stukke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa