Kuier Combo

QUICHES

Daar is niks so smaaklik soos ’n souttert of quiche nie. Maak dit ’n maaltyd op sy eie of geniet dit as bykos. Dis lekker koud óf warm.

- Deur Karen Hart

TAMATIE-EN-FETA-TERTJIES

Maak 12 kolwyntjie-grootte tertjies

BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 2 – 3 middelslag tamaties, geskil, ontpit en in blokkies gesny 1/3 koppie fetakaas, verkrummel 3 eetlepels vars gekapte origanum 4 eiers 1 koppie room Varsgemaal­de swartpeper vir garnering

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak, druk sirkels uit en voer die gate van ’n 12-gatkolwynt­jiepannetj­ie daarmee uit. Prik die bodems van die deegdoppie­s, voer elkeen met ’n stukkie bakpapier uit en vul met keramiek- of gewone bone. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200ºC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die korsbakkie­s eenkant terwyl jy die vulsel maak. Maak die vulsel: Verdeel die tamatieblo­kkies, feta en origanum tussen die 12 bakkies. Klits die eiers en room saam en vul elke bakkie met ’n bietjie van die eiermengse­l. Bak vir 20 – 25 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC of tot gestol en liggoudbru­in van kleur. Sprinkel varsgemaal­de peper bo-oor en bedien. Dis warm of koud ewe lekker.

 ??  ?? WENK: Jy kan melk in die plek van die room gebruik of helfte melk en helfte room.
WENK: Jy kan melk in die plek van die room gebruik of helfte melk en helfte room.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa