Kuier Combo

WRAPS

Die weer raak nou sonnig en warm en daarmee saam kry ons sommer lus vir lekker ligte disse. Van braaivleis, quiches en wraps tot milkshakes – dit is maklik om te maak en spaar jou tyd sodat jy dié seisoen ten volle kan geniet. Hier is wonderlike idees vir

- Deur Karen Hart

MAAK JOU EIE WRAPS

Genoeg vir 6 – 8 wraps

BESTANDDEL­E

2 koppies koekmeel 1½ teelepel bakpoeier 1 teelepel sout 2 eetlepels olie ¾ koppie warm water (nie kookwater nie)

METODE

Meng die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n bak en gooi die water en olie saam in ’n ander bakkie. Voeg die olie-en-water-mengsel een eetlepel op ’n slag by die meelmengse­l en roer elke keer goed met ’n vurk deur. Moenie meer as een eetlepel op ’n slag probeer byroer nie. Hou aan totdat al die vloeistofm­engsel by die meelmengse­l geroer is. Teen die einde behoort jy ’n stywerige, effe taai deeg te hê wat jy met jou hande bymekaar kan skraap. Knie die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak. Knie vir ongeveer 4 – 5 minute of totdat die deeg lekker glad en elasties is. Bedek die deeg met ’n klam vadoek en laat vir 20 minute rus. Vorm balletjies so groot soos gholfballe en sit dit ’n entjie uit mekaar op ’n plat bord of bakplaat. Wees versigtig dat die deegballet­jies nie aan mekaar raak nie. Bedek weer met ’n klam vadoek en laat vir 10 minute rus. Verhit ’n groterige pan oor hoë hitte terwyl jy jou deeg uitrol. Rol elke balletjie op die meelbestro­oide oppervlak uit totdat jy ’n sirkel van ongeveer 15 – 20 cm in deursnee en 2 mm dik het. Plaas dit op ’n bord en bedek met kleefplast­iek terwyl jy een vir een gaarmaak. Plaas die deegsirkel net so op die ongesmeerd­e verhitte panoppervl­ak en braai vir 30 sekondes aan elke kant. Jy sal sien hoe bruin blasies oor die hele wrap vorm. Haal dit onmiddelli­k op ’n bord uit en bedek met ’n vadoek om te keer dat dit uitdroog terwyl jy die res gaarmaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa