Kuier Combo

WEN-WENKE

-

Hier is ’n paar paar tips wat regtig mense se lewens verander het:

As jy te veel sout in ’n vleisgereg gegooi het (soos stew), sny skywe aartappel daarin en laat prut saam. Die aartappel absorbeer die sout. Frensia Ferreira, Sasolburg

As jy by die see aan ’n boot gewerk het, en jou hande is vol olie en ghries, is die beste skoonmaakm­iddel sommer seesand en soutwater. Die sand skrop die vuiligheid sommer gou af. Caroll Dewar Hermann, Mtunzini

As jy ghries en olie op jou hande het nadat jy aan ’n kar gewerk het, kan jy dit maklik afhaal met skottelgoe­dseep (Sunlight Liquid) en suiker. Hannes Booysen, motorwerkt­uigkundige, Bloemfonte­in

Vir oliekolle op die garagevloe­r: gebruik “hand cleaner” (wat jy koop om olie en ghries van jou hande te was) en smeer dit in die oliekol in. Los so bietjie, en spuit dan met water af terwyl jy dit met ’n besem skrop. Hannes Booysen, Bloemfonte­in

As jy ’n klomp sleutels het wat jy bymekaar wil hou, maar jy kry nie ’n sleutelrin­g nie, kan jy ’n cable tie gebruik om al die sleutels aan mekaar te hou. René du Plessis, Johannesbu­rg Plaas ’n albaster in sop, sous en melk wat kook. Dit sal nie oorkook nie, want die albaster rol gedurig rond en hou die vloeistof in beweging. Marie Kuneke, Meyerton Smeer Brasso op ’n klein skrapie op jou kar. Dit laat die skraap bietjie beter lyk. Hannes Booysen, Bloemfonte­in

Boute en moere: Sprinkel ’n paar druppels Coca-Cola of ammoniak oor boute wat styf sit. Hanlie Stander, Gordonsbaa­i

As jy verf en jy moeg raak om elke keer jou verf trays te was, kan jy ’n plastiek-inkopiesak oor die tray trek.

As jy verf en daar’s ’n stukkie wat nié geverf moet word nie (soos ’n sleutelgat), kan jy Vaseline daaroor smeer. Die verf sal nie daaraan sit nie.

Om ’n oliekol van jou garagevloe­r te verwyder: meng ’n koppie OMO met ’n emmer water en skrop die kol daarmee.

Gebruik Vaseline om skaafmerke op jou patent leather skoene heel te maak. Smeer net die Vaseline oor die skaafmerk.

Verloor jy aanmekaar die plek op die cellotape? Gebruik ’n broodsakki­eknippie om aan te dui waar die cellotape geëindig het sodat jy dit sommer maklik kan gebruik. Om koper skoon te maak: As die item geroes is, plaas dit in ’n mengsel van tartaric acid, Sunlight Liquid en warm water. Een pakkie tartaric acid op ’n liter warm water en sommerso ’n squirt Sunlight Liquid behoort te werk. Laat lê die item vir ten minste ’n uur in die water. Die water sal baie vuil en donker raak, selfs groen. Baie silwer, koper en brons items mag ’n beskermend­e lagie vernis hê en dan moet jy versigtig wees om nie hierdie wenk of ’n middel soos Brasso te gebruik nie. Dit kan mikroskopi­ese krappies op koper laat. Sodra die item uit die tartaric oplossing kom, maak dit goed droog met ’n sagte lappie. Meng en smeer daarna ’n pasta aan bestaande uit die sap van ’n halwe suurlemoen en ’n halwe teelepel koeksoda. Vryf in een rigting aan. Die proses kan herhaal word as die item baie vuil (nie geroes nie) is. Daarna kan dit afgewas word en ’n waksbehand­eling kry. Karwaks werk goed om al die krappies en merkies te seël, maar dit moet baie vinnig aangewend word. Ná die skoonmaak, sal jy nooit weer jou koper hoef te poets nie. Anziske Kayster, kultuurhis­torikus by Graaff-Reinet Museums.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa