Rate vir jou kwale
Soms takel kwale die hele gesin. Hier is raad vir menstruasiepyne, wanneer die kleingoed sukkel en as manlief nie meer kan uithou met die razor bumps nie.
Menstruasietyd
Hou altyd ’n paar spaar panties in ’n laai by die werk of in jou handsak – net vir ingeval. Jy weet nooit wanneer daar ’n lekkasie is nie.
Vir die pyn
’n Warmwaterbottel of heating pad werk om die pyn in beheer te hou. Sit dit op jou buik as jy period pains het. Jy kan selfs jou eie heating pad maak deur ’n sak met rys te vul en in die mikrogolf warm te maak. Vermy kaffeïen, alkohol en nikotien. Dit maak alles die krampe erger. Drink baie water, coconut water of pynappelsap. Warm water is gewoonlik beter as koue of kraanwater, want dit verbeter bloedtoevoer na die vel en kan die krampende spiere laat ontspan.
As jy onverhoeds betrap word
As jy die dag nie ’n tampon of pad by jou het nie en dis sulke tyd, kan jy jou eie maak. Draai gaas (die tipe wat jy vir wonde gebruik) in toiletpapier toe. Vat nou nog ’n strip toiletpapier en draai dit om die selfgemaakte “pad” én jou pantie om die ding in plek te hou. Dit is absorberend en behoort te hou tot jy by ’n winkel of die huis kan kom. Die meeste first aid kits het gauze (by die werk behoort ’n kit te wees, en in jou kar behoort ook een te wees).
Skeerprobleme
1. Warmkompres Jy benodig: 200 ml water; pot om water in te kook; watte; ’n skoon lap Kook die water in ’n pot op die stoof. Die water moenie te warm wees nie anders kan jy brand. Laat die gekookte water vir 2 – 5 minute afkoel. Vat ’n stukkie watte en dip dit in die water. Druk ekstra water uit. Plaas die stukkie nat watte teen die geaffekteerde plek. Jy kan ’n skoon lap gebruik om te keer dat jou vingers brand. Doen slegs een keer per dag.
2. Aspirien Jy benodig: 2 eetlepels aspirien; 1 eetlepel louwarm water; ’n lepel; watte of ’n handdoek Gooi twee eetlepels aspirien en een teelepel louwarm water in ’n houer en laat staan vir ’n paar minute. Meng tot ’n pasta met ’n eetlepel. Sit die pasta aan waar nodig. Los die pasta aan vir 15 minute en spoel af met lou warm water. Vee die oortollige pasta af met watte of ’n handdoek. Herhaal 2 – 3 keer per dag om vinniger van razor bumps ontslae te raak
3. Suurlemoensap Jy benodig: 1 suurlemoen; watte of ’n skoon lap Sny een suurlemoenl in died helfteh lf deurd en druk die sap uit. Dip ’n stukkie watte in die suurlemoensap en smeer aan die geaffekteerde plek. Was die sap met louwarm water af wanneer dit droog is. As jy geneig is om razor bumps te kry, gebruik hierdie raad elke keer wanneer jy skeer.
4. Swart teesakkies
Jy benodig: 1 swart teesakkie; 1 koppie water Sit ’n swart teesakkie in ’n koppie warm water. Laat dit afkoel vir 10 – 15 minute of sit dit in die yskas vir 10 minute. Haal die teesakkie uit die water en vryf oor die geaffekteerde area vir 2 – 3 minute. Herhaal daagliks totdat jy ontslae is van die razor bumps.
Soutskrop
Jy benodig: 10 mg gewone sout (vir gesig); 1 koppie Epsom-sout (vir ander dele van die liggaam); 1 koppie louwarm water; watte Vir jou gesig: Meng 10 mg sout en een koppie water. Dip ’n stukkie watte in die soutmengsel en vryf aan jou gesig. Moenie onmiddellik afwas nie. Laat die mengsel aan vir omtrent 30 – 40 minute voordat jy jou gesig was. Vir ander dele van die liggaam: Voeg een koppie Epsom-sout by jou waswater. As alternatief, kan jy ook die Epsom-sout direk aan die nat vel smeer. Vryf die Epsom-sout in sirkels en spoel af na ’n paar minute.