WEES GESOND
Sinus:
As jy chroniese sinusprobleme het en aanmekaar jou neus blaas, wil jy alles in jou vermoë doen om die snotterigheid weg te kry. Gewoonlik help ’n antihistamien om oormatige slymproduksie te verminder: mukolitika verdun dik slym en soutwater (wat jy snuif of inspuit) help om dit verder te verdun en uit te spoel. Dr. Sonja Hattingh, algemene praktisyn van Bloemfontein Maak jou eie soutwater-oplossing vir snotneusprobleme: 1 koppie gedistilleerde water of afgekoelde kookwater 2,5 g sout 2,5 g koeksoda Meng alles saam. Staan kop onderstebo oor die wasbak en trek die oplossing eers deur jou een neusgat en daarna deur die ander een.
Ander gesondheidswenke
Moenie jou tas op die vloer pak nie, die afbuk veroorsaak spanning in jou rug.
Staan op! Wanneer jy vir lang tydperke sit, vermeerder trigliseriede, goeie cholesterol verlaag en jou liggaam word geïnflammeer. Dit skep die perfekte omstandighede vir ’n hartaanval of beroerte.
Snuit jou neusgate een vir een. As jy dit op dieselfde tyd doen, kan dit die mukus dieper in jou sinusse druk en die simptome langer laat voorkom.
Die lug binne jou huis kan dalk meer besoedeld wees as die lug buite. Maak jou vensters oop, selfs op ’n koel dag.
Moenie hurk wanneer jy toilet toe gaan nie. Dit kan tot urienweginfeksie lei. Die gehurkery trek pelviese spiere saam wat die blaas verhoed om heeltemal leeg te wees en laat bakterieë groei. Bedek eerder die sitplek met toiletpapier.
Sukkel jy met droë oë? Haal diep asem! Diep asemhaling kan balans herstel aan die deel van die senuweestelsel wat aan traanproduksie gekoppel is.