Kuier Combo

MURGPAMPOE­NTJIE-EN-TAMATIE

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 3 eetlepels olie 3 – 5 murgpampoe­ntjies, in muntstukki­es gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 4 ferm rooi tamaties of 8 dwergtamat­ies, in skywe gesny 13 basiliekru­idblare (basil) 4 eiers 1 koppie melk

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeelbl­om en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer mini-quichepann­etjies of ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200⁰C vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Verhit die olie in ’n pan en braai die murgpampoe­ntjies daarin totdat dit sag, maar nog ferm is. Geur met sout en peper. Skep die murgpampoe­ntjies uit en braai die tamaties effens in dieselfde pan. Versnipper die basil en sprinkel oor die kors. Rangskik die murgpampoe­ntjie- en tamatiesky­fies bo-op. Klits die eiers en melk saam, geur met sout en peper na smaak en giet in die kors. Bak vir 25 – 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC.

WENK: Indien jy nie vars basil het nie, kan jy 1 teelepel droë basil by die eiermengse­l voeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa