SAMPIOEN-EN-SPEK MET PIETERSIELIE
Genoeg vir 4 - 6 BESTANDDELE
Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 3 eetlepels botter 1 groterige rooi ui (of gewone ui), fyngekap 1 x 250 g houer knopiesampioene, in skyfies gesny 1 teelepel vars suurlemoensap ’n Handvol vars, gekapte pietersielie ’n Handvol vars, gekapte sprietuie (chives) Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 2 eiers ½ koppie room (of melk)
METODE
Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbare deeg het. Bedek met kleefplastiek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekbakbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhitte oond van 200ºC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Verhit die botter in ’n groot pan en braai die ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg die sampioene by en braai tot sag. Voeg die pietersielie, chives en suurlemoensap by. Geur met sout en peper. Skep die mengsel in die kors. Klits die room (of melk) en eiers saam, geur met sout en peper en giet bo-oor. Bak vir 30 – 40 minute in ’n voorverhitte oond van 180ºC of totdat die mengsel heeltemal gestol is.
WENK:
Jy kan ’n mengsel van knopieen bruinsampioene gebruik. En vir ’n bietjie afwisseling kan jy ’n paar repies spek versnipper en saam met die sampioene braai. >>