Kuier Combo

BOTTERSKOR­SIE-EN-CHORIZO

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

Vir die kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vir die vulsel 6 eetlepels olie 1 groterige botterskor­sie, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny 1 eetlepel heuning 1 eetlepel paprika Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 100 g chorizo-worsies, in skyfies gesny 1 groot rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitte verwyder en in repe gesny ¼ koppie vars gerasperde parmesaan 1 koppie melk 4 eiers

METODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ’n sagte, hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Prik die bodem van die kors oraloor met ’n vurk. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200oC vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Maak die vulsel: Pak die botterskor­sieblokkie­s in ’n oondrooste­rpan en besprinkel met 3 eetlepels van die olie, bedruip met die heuning, sprinkel die paprika oor en geur met sout en peper. Bak vir 30 minute of totdat die blokkies sag, maar nog ferm is in ’n voorverhit­te oond van 200oC. Laat eenkant staan en afkoel. Verhit die res van die olie in ’n pan en braai die chorizo-skyfies daarin vir ’n minuut of twee. Voeg die soetrissie by en braai tot sag. Roer die botterskor­sieblokkie­s en parmesaan by en skep in die kors. Klits die melk en eiers saam, geur met sout en peper en giet bo-oor. Bak vir 30 – 40 minute in ’n voorverhit­te oond van 180oC of tot heeltemal gestol.

 ??  ?? WENK: Jy kan spek of russians in die plek van die chorizo gebruik.
WENK: Jy kan spek of russians in die plek van die chorizo gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa