Kuier Combo

SUURLEMOEN­PRAWNS MET ASPERSIES

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

20 – 24 prawns (garnale), ontdooi 1 ui, gerasper ½ koppie olyfolie ½ koppie vars suurlemoen­sap 1 teelepel suurlemoen­skil, gerasper 3 knoffelhui­sies, gerasper 2 rooi brandrissi­es, fyngekap 1 eetlepel gemmerwort­el, gerasper 1 eetlepel borrie 250 g aspersies 2 stingeluie, gekap

METODE

Verwyder die derm en kop van die prawns (of gebruik die wat al reeds skoon is). Meng die res van die bestanddel­e – behalwe die aspersies en die stingeluie – saam in ’n bak en voeg die prawns by. Laat die prawns vir 30 minute of selfs oornag marineer. Sny die aspersies in derdes en hou dit eenkant. Skep die prawns uit die marinade. Verhit ’n wok tot baie warm en plaas die prawns en aspersies daarin. Braai die groente vir 1 minuut terwyl jy die wok rondskud sodat die prawns nie vasbrand nie. Skink nou die marinade bo-oor, draai die hitte laer en roerbraai vir 2 minute. Sit die prawns dadelik op noedels of rys voor met die stingeluie bo-oor gesprinkel. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa