Kuier Combo

GEMMER-EN-SOJAVLERKI­ES

-

Lewer 6 BESTANDDEL­E

¾ koppie sojasous 2 eetlepels gemmer, fyngeraspe­r 800 g hoendervle­rkies Vir die sataysous ½ blikkie (200 g) klappermel­k 1 eetlepel gemmer, fyngeraspe­r 1 teelepel knoffel, fyngekap ½ koppie grondboont­jiebotter 2 eetlepels vissous ¼ koppie grondboont­jies, gerooster en gekap Sout

METODE

Meng die sojasous en gemmer in ’n bak en voeg die vlerkies daarby. Masseer die sous goed in die vlerkies in. Laat marineer vir 30 minute. Vir die sous: Laat prut al die bestanddel­e daarvoor saam in ’n klein potjie vir 5 minute. Proe en geur na smaak met sout. Braai die vlerkies oor matige warm kole en drup voortduren­d die oorblywend­e marinade daaroor tot taai en gaar. Bedien met die sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa