Kuier Combo

BEESKORTRI­BPOTJIE

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 kg beeskortri­b ½ koppie meel ½ teelepel swartpeper 1 ui, gekap 1 selderysti­ngel, gekap 2 lourierbla­re ¼ koppie worcesters­ous 2 koppies beesvleisa­ftreksel 4 aartappels, in groot stukke gesny 3 wortels, in groot stukke gesny

METODE

Skud die stukke kortrib, meel en peper saam in ’n plastieksa­k. Braai die vleis met die ui oor ’n hoë hitte in ’n enkellaag in ’n wye swaarboomp­an of die platboomsw­artpot waarin jy dit gaan maak. Pak dit daarna in die prutpot saam met die res van die bestanddel­e of voeg alles by die swartpot en bedek die bek met foelie en ’n deksel. In ’n prutpot: Kook op laag vir 8 uur of hoog vir 4 uur. Oor louwarm kole: Prut stadig vir 2½ uur. In die oond: Bak teen 150 °C vir 2½ uur. Of 100 °C vir 7 uur. Hierdie potjie is selfs nog beter die volgende dag. Verwyder die laag vet wat bo-op gevorm het voordat jy dit verhit. Bedien met gebotterde spruitkool en rys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa