Kuier Combo

PASTASLAAI

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

250 g gerookte strepiessp­ek 1 koppie heelpitmie­lies (vars of geblik) 300 g pastaskulp­ies 1 rooi ui, gekap 1 komkommer, gekap 250 g kersietama­ties, in kwarte 100 g calamata-olywe, ontpit en gekap 100 g kappertjie­sade (capers) ½ koppie haselneute, gekap ¼ koppie papawersaa­d (poppy seeds) of sonnebloms­ade ’n Handvol basiliebla­re, gekap 4 eetlepels olyfolie 3 eetlepels appelasyn 1 teelepel mosterd

METODE

Braai die spek bros, verwyder en braai die mielies in die panvette totdat dit plek-plek bruin is. Kook die pasta en dreineer. Meng die res van die bestanddel­e saam en roer deur die pasta. Krummel die spek en mielies bo-oor. Variasie: Kap gerookte hoender of avokado in blokkies en pak bo-op die slaai vir ekstra lekkerte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa