Kuier Combo

PULLED PORK MET PORTUGESE ROLLETJIES EN SLAAI

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 medium grootte varkboud 1 blikkie cola 1 koppie hoenderaft­reksel ½ teelepel crushed chillies 2 knoffelhui­sies gerasper 1 teelepel gerasperde gemmer 1 teelepel paprika 2 eetlepels tamatiepas­ta ½ kop pers kool, gerasper 1 groen appel, gerasper ½ koppie mayonnaise ¼ koppie melk 1 teelepel suiker ’n Knippie elk, sout en peper Portugese rolletjies vir opdiening

METODE

Plaas varkboud, cola, hoenderaft­reksel, crushed chillies, knoffel, gemmer, paprika en tamatiepas­ta in ’n oondvaste pot. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en plaas in voorverhit­te oond by 150°C vir 3 – 4 ure. Die vleis moet sag wees en van die been af gekook wees. Haal die boud uit die pot, verwyder die vel en bene en pluis die vleis met ’n vurk. Die sous behoort lekker dik te wees. Plaas die vleis terug in die pot en meng goed deur met die sous. Meng die kool, appel, mayonnaise, melk, suiker, sout en peper liggies deur. Sny die rolletjies oop en vul met koolslaai en varkvleis. Bedien dadelik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa