Kuier Combo

GEROOKTE HOENDER

-

Genoeg vir 6 – 8

Hierdie resep is ’n staatmaker in my huis in die somer.

BESTANDDEL­E

4 hoenderbor­sies met vel en been ¼ koppie growwe sout ¼ koppie bruinsuike­r 4 lourierbla­re (bay leaves) 6 kruienaelt­jies 6 – 8 peperkorre­ls 2 knoffelhui­sies, gekneus 1 teelepel gerookte paprika 4 koppies water

METODE

Plaas al die bestanddel­e, behalwe die hoender saam in ’n plastiekba­k. Roer totdat al die suiker en sout opgelos is. Plaas die hoenderbor­sies in die piekel en maak seker dat dit bedek is. Plaas ’n vel bakpapier bo-op om seker te maak dat die hoender die hele tyd onder die piekel is. Seel met deksel en plaas in yskas vir 3 – 7 dae. Indien jy ’n roker het, volg die instruksie­s vir jou roker en rook die hoender vir 30 minute. Verwyder die hoender uit die piekel en druk droog met kombuispap­ier. Rook die hoender vir 30 minute en laat koel heeltemal af in die roker. Die hoender behoort nou heeltemal gaar te wees. Verwyder die been gedeelte en sny die hoender in skywe. Bedien dit netso met ’n slaai of in pasta. Indien jy nie ’n roker het nie, volg die volgende stappe: Plaas jou saagsels in ’n foelie-tertbord. Bedek dan die tertbord weer met foelie en maak genoeg gate in die foelie om die rook deur te laat. Plaas die hoender op ’n draadrakki­e bo-oor die tertbord met die saagsels. Bedek dan die hele oondskotte­l met 2 lae foelie. Plaas die skottel op jou braairoost­er oor die kole vir 20 – 30 min. Laat heeltemal afkoel en bedien. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa