Kuier Combo

SOETSUUR-VARK

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

400 g varkvleis stukkies, in blokkies gesny Sout na smaak 1 koppie bruismeel 1 eetlepel Maizena Sodawater 1 eetlepel Maizena 3 eetlepels water 1 ½ koppie pynappelsa­p ½ koppie pynappelst­ukke 1 eetlepel asyn 1 eetlepel bruinsuike­r 1 eetlepel tamatiepas­ta ½ teelepel rissievlok­kies Olie vir diepbraai Noedels of rys vir opdiening

METODE

Meng die 1 eetlepel Maizena en die 3 eetlepels water tot glad en opgelos. Plaas die pynappelsa­p, asyn, bruinsuike­r, tamatiepas­ta en rissievlok­kies saam in ’n klein potjie. Bring tot kookpunt. Roer die Maizena mengsel by en roer tot glad en verdik. Voeg ½ koppie pynappelst­ukke by die sous en hou eenkant. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n pot. Geur die vleisblokk­ies liggies met sout. Meng die bruismeel en Maizena. Roer net genoeg sodawater by om ’n beslag te vorm wat soos dik room lyk. Dip die vleisblokk­ies in die beslag en diepbraai ’n paar stukkies op ’n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier. Skep die varkvleis stukkies in’ n bakkie en skep die sous bo-op. Bedien met rys of noedels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa