Kuier Combo

BEESVLEIS-EN-GROENTE

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

400 g steak, in dun repies gesny 2 eetlepels Maizena 4 eetlepels sonneblomo­lie 1 teelepel knoffel, gerasper 2 teelepels gemmer, gerasper 1 brandrissi­e, gekap 3 eetlepels sojasous 2 eetlepels bruinsuike­r 1 koppie jong-groenbone 1 koppie broccoli-blommetjie­s 2 handevol jongspinas­ie 2 koppies pak choi (opsioneel) Sesamsade, koljander en basil-blare vir garnering Witrys of noedels vir opdiening

METODE

Plaas die steak, Maizena, 2 eetlepels van die olie, knoffel, gemmer, brandrissi­e, sojasous en bruinsuike­r saam in ’n plastiekba­kkie. Roer deur, bedek met plastiek en laat rus vir 30 minute of oornag. Verhit die res van die olie in ’n kleefvrye pan. Braai die steak oor hoë hitte tot bruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Plaas die groente in dieselfde pan en roerbraai oor matige hitte tot gaar. Skep die steak terug in die pan, meng en garneer met koljander, basil en sesamsade. Bedien met witrys of noedels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa