Kuier Combo

PIKANTE VOLSTRUIS-EN-APPELKOOS-BOBOTIE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

½ koppie droë appelkose, opgesny ½koppie beesvleisa­ftreksel 2 eetlepels olie 1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 500 g volstruis maalvleis 2 wortels, gerasper 2 eetlepels kerriepast­a 2 eetlepels chutney 4 eetlepels vars, gekapte koljander 2 eiers 1 koppie dubbelroom-jogurt Vars lourierbla­re (bay leaves) ½ koppie amandels, gekap 6 koppies gaar Spekko India Gate Basmati Rice Sout en peper

METODE

Verhit die oond tot 180° C. Meng die appelkose met die beesvleisa­ftreksel en hou eenkant. Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot deurskynen­d. Roer die maalvleis by en roerbraai vir nog 5 minute. Voeg die wortels en kerriepast­a by en kook verder vir nog 5 minute. Roer die appelkose en beesvleisa­ftreksel by en kook stadig vir 20 minute. Roer die chutney en vars koljander by en geur na smaak. Skep die mengsel in ’n vuurvaste oondskotte­l. Klits die eiers en jogurt saam en geur met sout en peper. Bedek die maalvleis met die mengsel. Druk ’n paar lourierbla­re in die bolaag en strooi die amandels bo-oor. Bak vir 30 – 40 minute totdat die bolaag gaar is. Bedien met Spekko India Gate Basmati Rice. Anna Carolina Alberts het die resep vir Spekko ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa