Kuier Combo

SJOKOLADE-RYSPOEDING

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1,25 liter melk 4 eetlepels suiker 2 koppies rou Spekko Saman White Rice 1 koppie dubbelroom 160 g (2 slabs) donkersjok­olade (Lindt 70%), opgebreek 1 teelepel vanilla essence 18 malvalekke­rs (marshmallo­ws) 100 g peanut brittle, fyngekap

METODE

Meng die melk en suiker en verhit in ’n swaarboomp­ot tot kookpunt. Verlaag die hitte en roer die rys by. Bedek en kook baie stadig oor lae hitte vir sowat 20 minute of tot die rys gaar is. Roer die room en sjokolade by tot die sjokolade gesmelt is. Skep uit in ’n vuurvaste oondskotte­l. Geur met die vanilla essence en rangskik die malvalekke­rs bo-op. Verhit die roosterele­ment van jou stoof en rooster die poeding tot die malvalekke­rs gesmelt het. Bedien met die gekapte peanut brittle.

Anna Carolina Alberts het die resep vir Spekko ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa