Kuier Combo

OONDGEROOS­TERDE BEET, LENSIE EN FETA SLAAI

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

600 g klein beetjies 1 knoffelhui­sie, fyngekap 2 eetlepels suiker 2 eetlepels balsemiek-asyn 3 eetlepels olyfolie 1 takkie vars roosmaryn 2 takkies vars tiemie Sout en peper na smaak 200 g IMBO bruin lensies, saggekook en gedreineer 1 rooi ui, opgesny 200 g Deense fetakaas, in blokkies gesny 2 teelepels vars Italiaanse pietersiel­ie, fyngekap 2 eetlepels vars koljander, fyngekap 2 eetlepels beetblare, fyngekap 3 eetlepels granaatpit­te Vir die slaaisous 1 teelepel Dijon-mosterd 1 teelepel suiker 2 eetlepels framboos-asyn of soortgelyk 3 eetlepels olyfolie Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

Blansjeer die beetjies in ’n pan met kokende water. Dreineer en sit eenkant om af te koel. Voorverhit die oond tot 180° C. Skil die beetjies, sny in kwarte en rangskik op ’n bakplaat. Klits die knoffel, suiker, asyn en olyfolie saam en bedruip die beet daarmee. Strooi die roosmaryn en tiemie bo-oor, geur met sout en peper en bak vir 20 – 25 minute tot die beetjies gaar is. Rangskik die beetjies in ’n mooi slaaibak, meng die IMBO-lensies, ui en die fetakaas by. Maak die slaaisous: Klits al die bestanddel­e saam en gooi oor die slaai. Garneer met die pietersiel­ie, koljander, beetblare en die granaatpit­te. PLUM het die resep vir IMBO ontwikkel. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa