Kuier Combo

LEMOENKOEK­IES

-

Lewer 80 koekies BESTANDDEL­E

250 g botter 250 ml (1 k) suiker 60 ml (¼ k) sonneblomo­lie 15 ml (1 e) lemoengeur­sel 1 eier, geklits 5 ml (1 t) fyn gedroogde nartjieski­l 4 x 250 ml (500 g) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier ’n Knippie sout Pienk cachous-lekkers vir versiering

METODE

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die olie, lemoengeur­sel en eier by die bottermeng­sel en meng goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die nartjieski­l deur. Meng die botteren-oliemengse­l met die droë bestanddel­e tot ’n deeg vorm. Plaas was- of bakpapier op die deeg en rol dit egalig op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Gebruik ’n deegwielet­jie om patrone op die deeg te trek. Druk die koekies met ’n ronde koekiedruk­ker uit en rangskik dit op die voorbereid­e bakplaat. Versier elke koekie met een cachous-lekker en bak vir 15 20 minute. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel, verwyder dit en plaas dit op ’n draadrakki­e om heeltemal af te koel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa