Kuier Combo

ROOMKAASTE­RTJIES

-

Lewer 4 porsies BESTANDDEL­E

30 ml (2 e) strooisuik­er 1 x 250 g-bakkie roomkaas 2 ekstragroo­t eierwitte BESSIESOUS 250 ml (1 k) frambose 250 ml (1 k) bloubessie­s of moerbeie 15 ml (1 e) lemoensap 15 ml (1 e) mielieblom

METODE

Roer die strooisuik­er deur die roomkaas. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot stywepunts­tadium en vou dit by die roomkaasme­ngsel in. Plaas muffinpapi­ertjies in muffinpann­etjies en verdeel die roomkaasme­ngsel tussen die muffinpapi­ertjies. Plaas die tertjies oornag in die yskas om te stol. BESSIESOUS: Meng die bessies en lemoensap in ’n kastrollet­jie en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer af en toe en druk van die groter bessies ’n bietjie kleiner. Roer die mielieblom deur en laat dit liggies kook tot die sous dik genoeg is. Verwyder van die hitte en laat die sous effens afkoel. Skep oor die roomkaaste­rtjies en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa