BAR-ONE MILKSHAKE
Genoeg vir 2 BESTANDDELE
2 koppie vanillaroomys 1 koppie volroommelk 2 bar-one stafies, gesmelt saam met ¼ koppie room Spuitroom en bar-one stukkies vir opdiening
METODE
Smelt die room en bar-one soos met die sjokolademelkskommel. Plaas in beker tesame met die roomys en melk. Versap, skink in glase en garneer met ekstra barone en room.