Kuier

Antwoorde gegee

-

om reuke uit te kry waar diere gepiepie het, gooi sodawater daarop. Dit kook uit. Linda Nel, Oudtshoorn

Meng ’n koppie asyn by jou spoel water wanneer jy jou handdoeke en waslappe spoel. Die asyn haal al die seep uit. Angela Farao, Mitchells Plain

om troeteldie­rhare van jou meubels af te kry, maak ’n rubberhand­skoen nat en vee dit daaroor. Beverly Sergel, Queenstown

om swart aanpaksels teen die muur tussen stortteëls te verhoed, gebruik ligte vloerpolit­oer. water sal dan afloop en nie aanpak nie. Jennifer Cerandah, Ladismith

om roes van soliede stoofplate te kry, smeer Dioxidine aan. Laat staan vir vyf minute en spoel af. Dis by hardewarew­inkels te koop. Michael Marais, Vrystaat

Smeer sjampoe vir olierige hare aan vuil hempkrae. Vryf dit in en was dan die hemp soos gewoonlik. Elizabeth Hendricks, Napierstra­at

om bye uit jou huis te kry, sit bakkies motbolle waar hulle ’n probleem is. Anita de Lange, Cradock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa