Kuier

GEBOREGEBO­RE VIR DIE VERHOOG

Mense ken net sy snaakse, vermaaklik­e kant, maar hy is al deur diep waters waar hy byna alles verloor het.

- DEUR AMY JOHNSON

Almal ken hom as ’n charismati­ese entertaine­r wat jou laat saamsing op die maat van elke liedjie en sal laat lê van die lag. Maar Alistair Izobell (40) is ’n man wat weet hoe dit voel om byna alles te verloor en jouself uit ’n diep, donker put te grawe.

Ná meer as 30 jaar in die bedryf is Alistair sinoniem met Kaapse erfenis en as jy al een van sy vertonings beleef het, sal jy weet hy stel nooit teleur nie.

Maar vandag is dit ’n ander man wat hier sit – anders as die een wat gehore heupswaaie­nd vermaak met sy energiebel­aaide vertonings. Hy’s kalm en sy teenwoordi­gheid voel jy in die vertrek sonder dat hy ’n woord hoef te sê.

Alistair is nie ’n vreemdelin­g vir die verhoog nie. Hy was vyf toe hy Ritchie Valens se liedjie“La Bamba”in sy eerste konsert in die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad gesing het. Groter dinge het daarna gebeur, want vier jaar later het hy saam met Ricardo en Loukmaan Adams in Tokio, Japan, opgetree. En voor hy 20 jaar oud was, het hy ’n verhoog gedeel met Jonathan Butler.

Hy het al gehore plaaslik en internasio­naal vermaak en hy is bekend vir sy werk saam met David Kramer en die ontslape musieklege­nde Taliep Petersen. Hy was te sien in musiekblys­pele soos Kat and the Kings, The Buddy Holly Show, Doowah Boys en Willy Russel se produksie Blood Brothers – en hy’t al skouers geskuur met Luther Vandross en Stevie Wonder.

Alistair het in Mitchells Plain buite Kaapstad grootgewor­d en hy’s trots daarop. Hy glo tot vandag sy ryk kinderjare hier het grootliks bygedra tot sy uitkyk op die lewe.

“My loopbaan is my lewe. Dit maak my wie ek is. My erfenis is alles en die mense wat my beïnvloed het. Hoe ouer ek raak, hoe meer besef ek hoe baie ons van mekaar vat.

“Om op ’n verhoog op te tree, is ’n groot verantwoor­delikheid. For that moment people are handing themselves over to you. Dit is soort van ’n responsibi­lity om ’n entertaine­r te wees.”

Alistair is eerlik, op die man af en draai nie doekies om nie.

Hy sê hy wil hê sy gehoor moet altyd weet dat hy nie aansit of iets probeer wees wat hy nie is nie.

“Ek praat wat ek dink en my gehoor moet altyd weet ek is real. Ek glo nie daarin om iemand anders op die verhoog en iemand anders by die huis te wees nie. So wanneer ek eerlik op die verhoog is, is dit die eerlike Alistair,” sê hy.

“Ek is soms dwars by die huis, maar jy moet mense validate en jy moet real wees. Jy moet altyd sê hoe jy voel.”

Nog iemand wat hom al langer as 20 jaar bystaan, is sy vrou, Kim. Hy het haar ontmoet toe hy destyds The Buddy Holly Show in Johannesbu­rg gedoen het. Maar ten spyte van die feit dat hul agtergrond­e so uiteenlope­nd verskil – Kim is Joods – glo hy hul kinders, Jade (11) en Gabriel (2), word groot in ’n samelewing waar kleur nie meer ’n faktor is nie.

“Hulle is individue in die ongeloofli­kste demokrasie. Hulle leef in ’n tyd waar alles vir hulle makliker is as wat dit destyds vir ons was. Kleur maak glad nie meer saak nie.”

VERLOORVER­LOOR BYNABYNA ALLESALLES

Hy’s vandag ’n suksesvoll­e kunstenaar en bestuur sy eie besigheid, Alistair Izobell Production­s, maar hy sê oor die jare was daar beslis tye wat hy mismoedig geraak het en wou opgee.

“Daar was ’n tyd wat ek fame met success confuse het. Ek was ’n famous superstar en het die sukses van ’n ongeloofli­ke journey gemis. Nou celebrate ek alles wat ek bereik het.” Alistair was 12 jaar gelede in die wurggreep van drank vasgekeer en hy het in daardie tyd geen uitweg gesien nie. En ook nie geweet hoe hy daaruit gaan kom nie – totdat hy besef het hoe baie op die spel is.

“Alkohol het byna my lewe verwoes. I was on the verge of losing everything en daar was ook mense wat wou hê ek moet misluk deur my verslawing. Ek het toe besef dat ek besluite moet maak wat goed is vir my.”

Hy wou ook nie meer langer magteloos toekyk hoe sy drinkgewoo­ntes alles rondom hom verwoes nie.

“Alkohol het almal rondom my begin raak en my toekoms het daarvan afgehang, en ek sou my siel verloor het as dit nie was vir my family structure nie. There was never a point of no return. Jy het ’n ‘on’en ‘off’switch en die mense met wie jy uithang, is mense wat jou aanmoedig om dit te doen. “Ek was heeldag dronk en daar was altyd ’n bottel vodka en ’n six pack biere. Ek het nie gefunction nie, maar ek was nooit gewelddadi­g nie en ek het nooit my vrou verneuk nie.”

Hy sê sy oë het later oopgegaan vir wat alles op die spel is en wat hy alles kan verloor as hy nie ’n veranderin­g in sy lewe maak nie.“Ek moes myself verlos van die abuse waardeur ek myself deurgesit het. Ek het ’n verantwoor­delikheid gehad as ’n sibling, ’n man en ’n seun. En my vrou het deur alles by my gestaan, she never wavered,”sê hy terwyl hy ’n traan wegpik.

Alistair sê aanhangers weet soms nie waardeur kunstenaar­s gaan wanneer die glitz en glam van ’n vertoning verby is nie.

“Ek besef nou ek was daar en hoe moeilik dit was om daar uit te kom. Daar’s bonds en karre om te betaal. My dag begin 04:30 wanneer ek my quiet time het. Ek moet uitgaan om die werk te kry en soms kom ek saans laat terug.

“Wanneer al die stage se ligte af is en die applause verdwyn, that’s when life beats you. Ek het ’n fool van myself gemaak en ek móés daaruit kom.”

Alistair het in ’n Pinksterhu­is grootgewor­d. Sy ma was ’n gelowige vrou en dit is juis dié fondasie wat hom deur die moeilike tye gehelp het.

“Geloof was die backbone van die keuses wat ek in my lewe gemaak het en ek glo my geloof het my gedra deur alles wat in my lewe gebeur het. Net God kon dit doen, want daar was nie slegte dinge nie, net challenges.”

Alles wat hy tot dusver bereik het, het beslis nie maklik gekom nie, maar Alistair sê in plaas daarvan om vas te klou aan die verganklik­e dinge van die wêreld, wil hy die klein dingetjies in sy lewe waardeer.

“As ek eendag in die hemel kom, moet ek nie swaar inloop of skeef inval omdat my lewe nie lekker was nie. Life is a journey en ek wil present wees in elke oomblik wat ek experience. Ek wil niks bereik nie, ek wil net lewe. Don’t chase the success or applause, wees net dankbaar vir die moontlikhe­de wat die lewe het om te bied.”

*Alistair is op 27 September te sien in Musiek Alla Kaap, ’n viering van Suid-Afrika se musiekikon­e, by die GrandWest-arena in Kaapstad.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die entertaine­r Alistair Izobell (40) kyk terug op meer as 30 jaar in die bedryf. BO: Alistair deur die jare op die verhoog en saam met ander bekende kunstenaar­s soos Emo en Loukmaan Adams.
HOOFFOTO: Die entertaine­r Alistair Izobell (40) kyk terug op meer as 30 jaar in die bedryf. BO: Alistair deur die jare op die verhoog en saam met ander bekende kunstenaar­s soos Emo en Loukmaan Adams.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa