Kuier

Hy is nou (N)IEMAND

Danksy sy enkelma wat hom aangemoedi­g het, het hy nooit ophou droom nie. Vandag veg hy vir ander se geregtighe­id. DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

-

Al was daar geen pa-figuur in hierdie Bonnievale­r se lewe nie, het hy dit ver gebring danksy ’n ma wat in hom glo, ’n positiewe ingesteldh­eid en harde werk.

Dat hy ’n enkelouer-kind was, het Gregory Niemand (36) nie gekeer om sy drome na te jaag nie. En vandag bevind hy hom presies daar waar hy nog altyd wou wees: in die regsberoep.

Ons ontmoet in sy kantoor in die Wynberg-hof in die Kaap, waar Gregory deesdae streekaank­laer is. Agter ’n lessenaar vol saakdossie­re is hy die toonbeeld van profession­aliteit in sy swart pak, wit hemp met rooi-en-wit kolletjies­das en swart puntskoene. Gregory het nooit sy pa geken nie. Tog, die dag toe hy as 20-jarige jong man hoor sy pa is oorlede, het hy in trane uitgebars.“Ek het nog nooit in my lewe so gehuil vir iemand wat ek nie ken nie. Maar op sy begrafnis het ek geen emosie gevoel nie. Ek moes gaan om closure te kry, om complete te wees.”

Daar het hy die eerste keer sy verlore familie aan sy pa se kant ontmoet. En – so tipies aan Gregory se aard om oral vriende te maak – is hulle tot vandag toe close.

Dis nie dat hy sonder liefde grootgewor­d het nie. Sy ma, antie Raai (59), het hom oor die jare ondersteun soos net ’n ma kan en haar ouers en agt broers het hom oorval met liefde.

“Maar daar is mos maar iets special wat jy net by jou pa kan kry,”sê hy sag. Daarom is dit vir hom so belangrik om vandag daardie liefde op sy twee seuntjies – Zackory (6) en Joshua (4) – uit te stort.

Al het Gregory in die apartheids­jare skoolgegaa­n, het sy ma nie geskroom om hom na Model C-skole te stuur nie.“Dit was ’n tawwe tyd,”onthou hy sy jare aan die Hoërskool Bonnievale.“Maar daar het ek geleer hoe om met mense te werk en hoe om verdraagsa­am te wees. Dit het van my ’n beter mens gemaak. En ek het baie dissipline geleer.”

Hy is geseënd dat sy ma nog lewe, sê Gregory oor dié nederige en positiewe vrou.“As ek iets wou doen, sou sy sê:‘Let’s do it!’”

Met haar aanmoedigi­ng het hy aan letterlik alles op skool deelgeneem, van eistedfodd­s tot rugby, volleyball en debat.“Ek is ook blessed dat sy nooit getrou het nie en dat ons by my ouma-hulle gebly het.”

Hy hoor nog sy ouma sê:“Manners maketh the man. As jy maniere het, my kind, gaan deure vir jou oopgaan, maak nie saak waar jy gaan nie.”

En dít is die reine waarheid, kan Gregory getuig.

Dit was vroeër opmerklik hoe almal hom gegroet het soos ons deur die gebou gestap het.“Ek respekteer mense omdat dit die regte ding is om te doen. En daarom respekteer hulle my,”sê hy sonder enige teken van verwaandhe­id.“Ek strewe na gelykheid vir almal – of jy nou die skoonmaker of die magistraat is.“

Gregory was nog maar ’n tjokkertji­e toe hy reeds geweet het hy wil ’n prokureur word.“Dit was die apartheids­jare en my passie was altyd om my mense te help.”

moeilike jare

Sy een oom was ’n plaaslike ANC-leier.“Ek ken van die polisie wat ons tweeuur in die nag wakker klop, van human rightsprok­ureurs wat hom kom haal. Ek wou ’n bydrae maak om my mense te bevry.”

Vandag, in ’n demokratie­se gemeenskap, dien hy die mense van Suid-Afrika op ’n ander manier.“Ons is hier vir regverdigh­eid,”sê hy oor sy werk as aanklaer.

Gregory was nog nooit bang vir werk nie. Op laerskool het hy koerante verkoop en oor naweke by Pep Stores ingeval. Vakansies was hy aan sy oupa – ’n bouer – se sy. Van graad 11 af het hy in die Desemberva­kansie by Ashton Canning gewerk.

Sy werk in die fabriek beskryf hy as die experience van sy lewe.“Ek is absoluut mal oor mense. En om met ouer mense te werk wat my werklik leer waaroor die lewe gaan … ek was in awe.”

Omdat hy in ’n Model C-skool was, was die enigste universite­itsaansoek­vorm van Stellenbos­ch, onthou hy. Maar hulle kon dit nie bekostig nie en ’n buurvrou wat by die Universite­it van Wes-Kaapland (UWK)

werk, het hom gehelp om by hulle regsprogra­m in te kom. Finansieel was dit steeds nie maklik nie. Die geld wat hy by ashton canning verdien het, het net sy registrasi­e en tuition fees vir sy LLb-graad gedek. Die res moes kom uit ’n studentele­ning, wat hy eers vyf jaar gelede klaar betaal het.

in 2003 het hy vir sy leerlingkl­erkskap by die regshulpra­ad op Worcester ingeval.“i loved every moment of it.”

sy oorsese reise

Twee jaar later is hy in die kaapse hooggeregs­hof as prokureur toegelaat.

en toe besluit hy om nog ’n kinderdroo­m te bewaarheid deur engeland toe te gaan. Daar was hy ’n door to door krag-salesman in portsmouth, ’n skoenverko­opsman in Londen en later ’n veiligheid­swag by ’n car dealership se reusedepot in cardiff.

cardiff was so misdaadvry dat hy saans die depot toegesluit en nagklub toe gegaan het.“Tot vandag weet my base nie,” lag hy en wys die sertifikaa­t wat aandui dat hy ’n Level Two award vir Door Supervisio­n verwerf het.

in 2006 het hy teruggevli­eg om te trou, maar is daarna weer alleen oor om geld te maak. Sy vrou en groot ondersteun­er, crystal, ’n navraekons­ultant by nedbank,“was nie te happy nie, maar het verstaan. Sy was klaar deel van die sirkus . . . ”lag hy.

kort ná sy terugkoms in 2007 het hulle ’n huis in elsiesrivi­er gekoop.

ná ’n tydjie as onderhouds­beampte by die paarl-landdrosho­f, is hy as staatsaank­laer in kuilsrivie­r aangestel. en presies twee jaar later het hy as streekhofa­anklaer na Wynberg verskuif.

Gregory werk by die eenheid vir seksuele misdrywe en hoofsaakli­k met kinders. “jy moet eintlik bietjie abnormaal wees om só iets te kan doen,”sê hy.“Die hardste rugbyspele­r sal nie ’n dag daarbinne last nie. ek probeer my bydrae vir die samelewing lewer deur die beste hiervan te maak, dat hulle stem ook gehoor kan word.”

Hy het net een keer, op sy vrou se versoek, haar van sy werk vertel – van ’n pa wat sy dogtertjie verkrag het. Daarna het sy besef hoekom hy nie by die huis oor sy werk praat nie.

Gregory het ’n paar groot liefdes: Sy vrou en kinders, afrikaans en afrikaanse opvoerings, Wp-rugby, braai en kosmaak. “ek maak by choice die kos in ons huis. ek dink dit is my terapie.”

Hy is ook steeds by ’n vakansiepr­ogram vir UWk-studente by die Wynberg-hof betrokke nadat hy in 2002 as junior navorser ’n internskap by SaLGa se parlementê­re kantoor in kaapstad gedoen het. Op 6 junie vanjaar is hy as advokaat toegelaat – ’n praktiese stap aangesien die hooggeregs­hof waarskynli­k die volgende fase in sy loopbaan gaan wees.

Wat is sy raad aan mense wat moedeloos voel oor hul omstandigh­ede?

“Droom, droom, droom. Dis die enigste manier om uit jou wêreld te kom.”

en:“jy moet ’n visie hê. jy moet nooit nee vir ’n antwoord vat nie. Dis belangrik om te weet jy gaan fail in sekere dinge. Daar gáán mense wees wat negatiewe dinge van jou sê, maar aan die einde van die dag behoort jy aan jou God.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa