Kuier

Vetkoek

-

die resep lewer oorgenoeg vir ’n honger gesin op ’n sondagaand, ongeveer 12 lekker groot vetkoeke, propvol kerrie. Bestanddel­e 600 g koekmeel 1 teelepel sout 1 eetlepel suiker 1 pakkie yeast (kitsgis) Genoeg louwarm water om ’n sagte kniebare deeg te vorm Metode Meng al die droë bestanddel­e in die bak en meng met ’n elektriese klitser. Maak seker jy gebruik die deeg haak. Voeg die water by en knie tot dit sag en elasties is (so 10 minute). Keer die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en knie vir nog so 5 minute. Die deeg moenie aan jou hande vassit nie. Indien wel, knie steeds en voeg so ’n eetlepel meel op ’n slag by. Plaas in ’n bak en bedek met kleefplast­iek. Laat staan op ’n warm plek sodat dit tot dubbel die volume broei. Ná die rystyd, druk die oortollige lug uit, maar moenie knie nie. Knyp nou balletjies deeg so groot soos gholfballe af tussen jou duim en wysvinger. Pak die balletjies op ’n bakplaat wat goed met olie gesmeer is. Druk elke balletjie so effens plat. Laat rus nou ook die balletjies op ’n warm plek tot hulle ook in grootte verdubbel. Verhit olie in ’n pot op medium hitte, om die vetkoeke te deep-fry. Sorg dat jou olie nie te warm is nie. Braai tot mooi goudbruin en dreineer op kombuispap­ier. Jou vetkoeke moet crispy en lekker lig wees. Herhaal totdat al die vetkoek afgebak is.

Vir platters of partytjies, kan jy klein happiegroo­tte vetkoekies met kerrie maak.

Samantha Liedeman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa