Kuier

Waterblomm­etjiebredi­e

-

Lewer ongeveer 4 – 6 porsies

BestanddeL­e ’n Paar eetlepels olyfolie 1kg lamskenkel­s ’n Paar stukkies lamsrib in strips gesny 1 ui, in ringe gesny 2 koppies hoenderaft­reksel 500 g waterblomm­etjies 1 groen appel, gerasper of varsgepluk­te suring-stingels 12 baba-aartappels, skoon afgewas Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Metode Verhit die olie in ’n oondvaste pot (ek verkies my pienk Le Creuset) oor medium hitte. Voeg die ui by en braai tot dit lekker goudbruin is. Voeg nou die ribbetjies by en braai ’n bietjie van die vetjies uit. Voeg dan die skenkels by en braai saam met die ribbetjies tot als lekker bruin is. Geur met ’n klein bietjie sout en peper. Voeg die aftreksel, waterblomm­e, appel en aartappels by. Moenie roer nie. Sodra dit begin prut, haal dit van die hitte af. Sit die deksel op en plaas in ’n voorverhit­te oond van 160°C vir ongeveer 2 ure. Die vleis en groente behoort lekker sag te wees, maar sorg dat dit nie pap gekook is nie. Indien die sous nog ’n bietjie dun is, kook dit dan vinnig op hoë hitte tot die sous begin verdik. Wenk: Die appel kan vervang word met vars geplukte suring-stingels of gerasperde suurlemoen­skil en -sap.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa