Kuier

MOENIE AFKYK NIE

As kinders skoolwerk copy en paste weet hulle dalk nie dis verkeerd nie. Leer só jou kind van plagiaat. DEUR MARETHA BOTES

-

Toe jy nog op skool was, het van jou klasmaats (en miskien jy ook) dalk mekaar se werk afgeskryf. Julle het geweet dis nie heeltemal reg nie, maar dit was darem nie so erg soos diegene wat dalk uitgevang is terwyl hulle afgekyk het tydens ’n toets of eksamen nie.

Vir vandag se kinders is dit nog makliker om net met die druk van ’n knoppie inligting te copy. En dit gebeur al hoe meer dat kinders inligting van die internet af“steel” en as hul eie gebruik.

Só het ’n 13-jarige leerling van ’n laerskool in Eersterust, Pretoria, nie eens geweet wat alles in haar skooltaak oor Mali in Wes-Afrika staan, wat sy ingehandig het nie.

Die onderwyser wat dié klas se take nagesien het, vertel hy het die meisie vorentoe geroep en gevra of sy self die werk geskryf het.“Ja, Meneer,”het sy grootoog geantwoord.“Toe vra ek haar of ek maar die werk vir die klas mag lees. Sy het onseker geknik. Selfs ék het bietjie gesukkel met die uitspraak. Dit was alles in Nederlands!”

Dié onnie, wat nie sy naam genoem wil hê nie, lag vandag oor dié petalje. Maar hy sê dit is kommerwekk­end dat kinders baie gemaklik daarmee is om inligting van die internet af te copy en paste, óf dit woord vir woord van ’n ander bron soos ’n tydskrif af te skryf.

Dié leerling het later vir hom vertel sy was bang sy doen swak en dat haar punte die laagste in die klas sou wees. Sy het ook gesê sy het te min tyd gehad om die taak te doen en daar niemand by die huis was wat haar daarmee kon help nie.

“Hulle verstaan nie die inhoud nie. En soms wonder ek – nee, in baie gevalle wéét ek – hulle het nie eens gelees voordat hulle geknip en geplak het nie. Wat is die doel daarvan om ’n taak vir ’n kind te gee? Jy wil mos hê sy moet iets daaruit

leer. Nou-ja. knip en plak het hulle al op kleutersko­ol geleer!”

Plagiaat en diefstal

plagiaat, die afskryf van inligting sonder erkenning aan die persoon of bron wat dit oorspronkl­ik geskryf het, is ’n ernstige oortreding.

so, het die onnie sy leerlinge van plagiaat ingelig?“Ek het daarna ’n bietjie met hulle gesels en dit oor dieselfde kam as diefstal geskeer. of hulle dit snap, weet ek nie!”

sylvain Goliath, ’n oud-onderwyser en pa van twee tieners, sê ’n mens móét jou kinders van jongs af aanmoedig om te verstaan wat hulle lees. As hulle nié verstaan nie, reflekteer dit in hul punte, meen hy.

“om met begrip te lees, is ’n basiese tegniek wat van kleintyd af ingeskerp moet word. Vra vir jou kleinding as jy vir hom lees, wat verstaan hy van wat gebeur het in die storie. hoekom dink hy het dit gebeur en dink hy dit kon anders gewees het?“

sylvain meen daar is baie redes waarom kinders plagiaat pleeg.“Een daarvan is tyd. onderwyser­s (en ek wil nie die skuld op hulle pak nie) het nie tyd om ’n taak in dele op te breek en die leerders stap vir stap deur die navorsings­proses te neem nie. ’n taak moet gewoonlik in ’n week of twee se tyd afgehandel word, en daar word nie opname gedoen van hoeveel die kinders verstaan van wat hulle doen nie.”

Vir hóm is plagiaat en “krip”(crib/afskryf) in toetse en eksamens basies dieselfde ding. “Dit is oneerlik en jy steel inligting, terwyl jy dit glad nie verstaan en nie as jou eie kan weergee nie,”sê hy.“op die ou einde leer jy net mooi niks nie.”

ONEERLIK en oneties

Die negatiewe sy van plagiaat is dat dit oneerlik, oneties en selfs lui is. Máár die positiewe sy is dit is ’n geleenthei­d vir ontwikkeli­ng.

“As jy agterkom ’n kind pleeg plagiaat, kan jy hom aanmoedig om die onderwerp van voor af te ondersoek en dit krities te doen,”sê dr. Nicol Faasen, ’n vryskut-uitgewer van skoolboeke.

“hy moet gaan dink oor daai onderwerp en vir jou kom vertel wat hy daaroor uitgevind het. As dit oor brood gaan, kan jy hom vra wat is die verskil tussen wit- en bruinbrood. As hy terugkom met die in- ligting, vra dan of hy die bron glo. probeer hom aanmoedig om meer as een bron te ondersoek en dan te vergelyk. só groei die kind intellektu­eel en bou sy vaardighed­e om bronne te soek, te vergelyk en krities daaroor te kan dink.”

Die rooi ligte moet egter flikker as jou kind net spoeg en plak (copy en paste) en jy agterkom daar is min eie kennis oor die onderwerp. onderwyske­nners sê daar is ’n paar redes vir plagiaat en dat dit nie nét aan luiheid toe te skryf is nie.

Die feit dat baie ouers selfs nie kennis dra van plagiaat en wat die gevolge daarvan kan wees nie, is een rede waarom kinders nie ’n benul het dat dit verkeerd is nie. ouers wat hul kinders se huiswerk vír hulle doen, help ook nie.

“’n ouer is die eerste plek waar ’n kind leer,”meen pierre pieters, adjunkhoof van die Laerskool Fochville in Gauteng.

Johan van Lill, skrywer en onderwysku­ndinge, sê:“ons is geneig om vinnig tot die slotsom te kom dat die kind oneerlik en lui is, en dan raas ons met hulle. Maar dóén liewer iets aan die probleem. in so baie gevalle knip en plak ’n kind inligting uit ’n bron, want hy het nie die nodige leervaardi­ghede om die inligting te interprete­er en in sy eie woorde aan te bied nie.”

Elmarie stoffberg, ’n leerspesia­lis van worcester in die wes-kaap, sê in baie gevalle is die taal waarin die inligting aangebied word, ontoegankl­ik vir die kind. hy verstaan dus nie wat hy lees nie.

sy sê kinders verstaan dikwels ook nie die meer ingewikkel­de konsepte nie. As die taak oor besighede en wins gaan en daar word gepraat van iemand wat“ingedoen”is of“te na gekom”is, sal baie kinders nie hierdie begrippe verstaan nie.

Jonger kinders het ook nie soveel ervaring oor sekere onderwerpe as die ouer kinders nie.

“Dit beteken dat ’n kind met min kennis oor ’n onderwerp nou inligting moet soek. hy weet eerstens nie wat die begrippe beteken nie en gaan dus nou enige inlig- ting wat lyk of dit daarmee verband hou, trek en gebruik sónder om dit regtig te verstaan. Nou raak dit ’n geval van copy en paste,”sê Elmarie.

“Ja, in sommige gevalle is dit wel ’n geval van luiheid. Lang stukke teks kan ’n kind intimideer. hy wil nie alles lees nie en copy en paste maar net.”

Nóg ’n rede is groepsdruk en druk van ouers en onderwyser­s op kinders om goed te presteer.“Die kind wil graag die onderwyser beïndruk en is bang om dom te lyk deur sy eie woorde te gebruik,”verduideli­k Elmarie.

sy sê die kinders weet in die meeste gevalle nie dat dít (copy en paste) plagiaat is en dat dit verkeerd is nie.

LEES MET BEGRIP

Elmarie het die volgende wenke vir kinders en ouers: •

Moenie heel eerste vir detail probeer lees nie. Baie kinders doen dit heel eerste en sukkel dan om die teks in hul eie woorde om te sit. •

kry ’n geheelpren­tjie van wat jy lees. Dit is nie so moeilik nie! Lees die opskifte. wat sê dit vir jou? •

help jou kind om die teks te identifise­er. is dit verhalend (’n storie), ’n resep of dalk uit ’n woordeboek? Dan het jy mos reeds ’n idee van waarmee jy gaan werk. •

Lees nou al die bold (donker gedrukte) gedeeltes. •

Dán lees jy die heel eerste sin en dan die eerste paragraaf. •

Nou lees jy die laaste paragraaf. só behoort jy al ’n oorsig te kan gee van waaroor die stuk gaan en dit in jou eie woorde te kan sê. •

help jou kind met die woorde wat hy of sy nie verstaan nie. Verduideli­k dit in eenvoudige taal en gebruik voorbeelde as jy moet. woorde soos“ingedoen”kan jy verduideli­k deur te verwys na wanneer jy ’n brood koop. Die brood kos R10,57. Jy betaal egter R12, maar stap weg sonder die kleingeld. Nou is jy ingedoen met R1,03. Dit is oneerlik en jy steel inligting, terwyl jy dit glad nie verstaan en

nie as jou eie kan weergee nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa