Kuier

Begroot vir jou

Trou is nie perdekoop nie en alles is duur. Begroot en dink slim wanneer jy vir jou groot dag beplan. DEUR IVOR PRICE

-

Met die warm maande wat voorlê, loop die troukoors hoog. Die dag waaroor jy lankal gedroom het, is op hande: ’n trourok so reg uit die boeke, strooimeis­ies vir Afrika en ’n swierige onthaal. Om nie eens te praat van al die gaste op jou lys nie!

Maar sodra die troudag verby is, sit baie pasgetroud­es diep in die skuld. Paartjies moet vóór die troue besin oor wat hulle kan bekostig – nevermind wat ander mense gaan sê. Die realiteit is dat jy nie die hele familie sal kan nooi nie – selfs al dreig jou ma om dan eerder nie te kom nie.

So hoe rek jy jou trou-rande sonder dat die gaste agterna van jou skinder?

“In alle eerlikheid, hoewel ’n duur troue mooi en luuks is, is dit nie regtig nodig nie. Dis so ’n spesiale dag en dis regtig beter om dit eerder met ’n handjievol spesiale mense deur te bring – sonder om jouself in skuld te sit,”sê Shirley Odgen, wat troues by Tiaras and Tantrums in Johannesbu­rg reël.

Moenie skuld maak om verlangse familie te beïndruk nie.“Ek dink nie dis hoe jy ’n huwelik moet begin nie. ’n Jaar later as julle dalk begin dink aan kinders kry, is julle steeds in die skuld. Ek dink ’n klein en mooi troue is baie meer effektief.”

Shirley weet ’n troue lei tot baie stres – nie net vir die bruid en haar bruidegom nie, maar ook vir die bruid se ouers én die skoonfamil­ie.“Dis makliker as julle oop kaarte speel. Wees eerlik en sê‘ons betaal vir alles en sal dit waardeer as julle ons wense en begroting kan respekteer’.”

Euline Reid, tV-joernalis wat pasgetroud is, sê dit was omtrent ’n storie om ’n troue te reël wat haar en haar man, David, se sak gepas het. hulle is albei van die oos-kaap en moes boonop die moeilike besluit neem om in Johannesbu­rg te trou waar hulle woon en werk.

“Dit was net meer prakties en goedkoper om hier te trou. ons kon self na die verskillen­de venue-opsies gaan kyk en kies wat ons wou hê, anders moes ek op my ma in oos-Londen staatgemaa­k het om ’n troue daar te reël.”

hulle kon net 100 gaste nooi, sê Euline. “wie nooi jy? Dit is ’n challenge, want ’n mens kan nie almal nooi nie. ons het R330 per kop betaal. Dis baie geld en omtrent 80 van die gaste was boonop my familie. Jy kan nie almal nooi nie. Daar is sommige mense wat kwaad is en ons het baie gestry ook . . . ”

omdat hulle vooraf besef het almal kan nie genooi word nie, het Euline se ma, Johanna, ’n partytjie by haar ouerhuis gehou vir mense om ’n gevoel van die troue te kry.

“Ek en David moes mooi werk om seker te maak alle betalings is betyds. ons moes budget en die time-frames neersit én daarby hou – anders het ons dit nie gemaak nie.” Baie van die gaste, wat uit oos-Londen en port Elizabeth gekom het, het nie by gastehuise oorgebly nie, maar sommer by Euline-hulle en ander familie in Johannesbu­rg.

DINKDINK SLIMSLIM

Die event planner otto de Jager glo mense moet ophou om alles na te boots wat in tydskrifte of op tV is.“As jou begroting nie ver strek nie, moet jy ’n kreatiewe troue beplan, maar jy móét aanpasbaar wees. Jy kan nie alles uit ’n boek vat en net jou klein begroting daarop plak nie.”

hy sê jy kan ’n bekostigba­re troue hou sonder om aan die sentiment van jou groot dag weg te vat.

“kom ons beweeg weg van die troues met die 10 ronde tafels en die 10 gaste. Elke tafel hoef nie ’n blommerang­skikking op te hê nie. Jy hoef nie 200 gaste te nooi nie. Jy hoef nie eens ’n troukoek te hê nie.”

Volgens otto moet paartjies hulself afvra of ’n onthaal by ’n peperduur venue nodig is, en of ’n spitbraai by ’n gemeenskap­saal nie ewe effektief sal kan wees nie. Jy kan selfs met ’n bring-en-braai wegkom as dit gekoppel is aan ’n oulike tema.

“Dink slim en anders, dan sal jou begroting nie ’n nagmerrie wees nie. hoekom kan ’n troukoek nie ’n hoedeboks wees gevul met truffles nie? Daai truffles kan net sowel die nagereg vir jou gaste wees.”

skryf alles waarvan jy droom op ’n stuk papier neer, sê shirley.“Letterlik alles wat gaan geld kos. Van die koek tot die karre, die ringe en die venue, tot die prys van die confetti. skryf dit alles neer en besluit dan wat belangrik is.

“Dalk beteken dit dat jy nie die troue gaan kry waarvan jy gedroom het nie. maar wat saak maak, is dat jy nie geld gaan spandeer wat jy nie het nie.”

TOP-trouWENKE

shirley gee altyd die volgende wenke aan mense wat met sterretjie­s in hul oë by haar kom aanklop om hulle troues te reël: •

Begin by die gastelys. in plaas daarvan om net nóg mense by te voeg, verklein eerder die lys. Jy moet ’n spesiale verhouding met elke gas hê om geld op hulle te wil spandeer. •

Vra vir hulp met jou troue in plaas van trougesken­ke. As daar ’n fotograaf in die familie is, kan hy dit dalk gratis doen. wat van iemand wat weet van blommerang­skikking? En ’n DJ wat weet van lekker musiek? •

As jy nét spesiale mense nooi, kan jy sonder om skaam te voel, dit oorweeg om hulle te vra om vir die onthaal te help betaal. Dit is dan sommer ’n trougesken­k ook. •

oorweeg dit om self die spysenieri­ng te doen of vra ’n betroubare vriend eerder as om ’n vreemde besigheid ryk te maak. •

maak jou eie uitnodigin­gs of oorweeg dit om sommer die uitnodigin­gs per e-pos uit te stuur. petrol is duur en dis regtig nie nodig om die wêreld vol te ry om uitnodigin­gs af te lewer nie. •

het julle regtig so ’n duur venue nodig? het die plaaslike saal nie maar dieselfde geriewe nie? of dalk is daar iewers ’n mooi tuin wat julle vir die dag kan huur? •

wees spaarsamig met die blomme, want dis duur. ’n Enkele blom vir elk van die strooimeis­ies en ’n klein ruiker vir die bruid is ewe mooi. Die kerk en die onthaalven­ue hoef ook nie oral blomme te hê nie.

TROUGESKEN­KE

FNB se hoof van verbruiker­sopvoeding, Eunice sibiya, sê dis nie net die bruid-hulle wat deesdae hulle sente moet omdraai nie. “Baie mense vind dit moeilik om trougesken­ke te koop wat hulle kan bekostig. oorweeg jou eie begroting. moenie jouself laat skade ly ter wille van iemand anders se groot dag nie.”

trougaste moenie net die prys van die geskenk in gedagte hou nie, maar ook ander faktore soos petrolgeld om by die venue uit te kom.

“sit maande voor die tyd geld weg in ’n bankrekeni­ng; nie soseer sodat dit rente moet trek nie, maar eerder om geld beskikbaar te hê wanneer jy die regte geskenk sien of dalk vir verblyf moet betaal. só vermy jy dit om op een slag ’n groot bedrag te moet uithaal of dalk om skuld te moet maak.”

Eunice sê jy hoef ook nie verplig te voel om die duurste geskenke te koop nie – selfs al is dit vir jarelange vriende.“moenie skuld maak vir ’n troue wat gaan kom en gaan nie. wees eerder kreatief. Laat druk ’n paar foto’s en maak ’n album of oorweeg dit om ’n duur geskenk as deel van ’n groep te koop.”

Volgens Eunice moet jy veral mooi dink oor“bestemming­stroues”, wat nou die inding is. Dit is wanneer gaste ver moet reis omdat die onthaal by eksotiese venues ver van die huis gehou word.

“koop so gou moontlik ’n kaartjie as jy soontoe gaan moet vlieg. Dis duur om op die nippertjie te bespreek. As jy moet ry, kyk of jy nie met vriende of ander familie ’n saamryklub kan vorm nie,”sê sy.

“Jy hoef ook nie in die duurste gastehuis of hotel te bly nie, want onthou jy gaan maar min tyd daar spandeer. Daar’s ook niks daarmee fout om by familie of vriende oor te slaap nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa