Kuier

Vertel vir Antie Val

Sukkel jy met jou sekslewe? Hier is raad.

-

Stuur ’n SMS met die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 32113 (R1 per SMS), of e-pos kuier@kuier.co.za met VERTEL VIR ANTIE VAL in die onderwerpl­yn.

V SEERTJIE DAAR ONDER

Ek is ’n 50-jarige man met ’n groot probleem. Ek kry gereeld ’n seertjie op my penis wat kom en gaan. Ek was al by ’n dokter. Hy sê dis nie ernstig nie, maar noem iets van ’n swam. Ek gebruik gereeld room met die naam van Medaspor wat help om dit gesond te maak, maar as ek weer sien dan kom dit weer uit. My vrou weier om seks te hê wanneer die seertjie daar is en ek begin nou dink sy is nie meer lief vir my nie.

Help asb. MR. D

A BESTE MR. D

Ek verstaan nie mooi watter raad jy van my soek nie. Die dokter het jou gerus gestel en nou is dit net ’n situasie waarmee jy moet saamleef. Jou vrou moet jou bystaan en verstaan wanneer die puisie opdaag, jy nie gemaklik is daarmee nie. Sy is dalk bang sy steek iets aan by jou, daarom wil sy nie seks hê nie, maar dit beteken nie sy is nie lief vir jou nie. Ek dink vir jul altwee se beswil moet jy ’n tweede opinie van ’n ander dokter kry net om seker te maak die puisie is wel niks om oor te worry nie.

V ONSEKER OOR TOEKOMS

Ek (52) is al twee jaar in ’n verhouding met my kêrel (48). Ons is lief vir mekaar, maar dit voel ek is te lief vir hom. Sedert my ou by sy eks ingetrek het, voel ek seergemaak en verwerp. Hy help almal met gunste, maar ek voel of ek laaste op sy lys is. Ek word nie na hul huis toe genooi nie en hy vat my nooit saam kerk toe nie, al weet sy eks en sy seuns ons is in ’n verhouding. Ek voel so skaam. Ek baklei oor al die klein goed, maar hy sê net dinge sal nog verander. Met al sy verpligtin­ge – hy ondersteun nog finansieel sy twee seuns, 15 en 20 jaar oud – sien ons mekaar ál minder. Dinge herhaal net en dit voel soos ’n bose kringloop. Ek soek standvasti­gheid, maar is onseker oor ons toekoms. VERWERP

A BESTEVERWE­RP

Op 52 is mens regtig nie lus vir al die probleme nie. Dit klink asof jy so ongelukkig is en ek is bang jy raak depressief. In daardie gat wil jy nie val nie. Ek vra myself af, hoe kan jy as vrou toelaat dat jou ou weer by sy eks intrek? Die situasie is nie normaal nie. Hoewel ek die geldelike aspek verstaan asook die feit dat hy twee kinders het wat ook aandag, liefde en tyd verg, beteken dit nie dat hy saam met hulle hoef te bly nie. Hulle het besluit om uitmekaar te gaan en nou is dit sy verantwoor­delikheid om eerlik met jou te wees. Dit klink eerder of hy ’n dubbele lewe lei en jou aan ’n lyn hou. Jy dink seker jy is te oud om nou ’n ander maat te kry en die man het reeds te veel trane en energie van jou geverg om op te gee. Maar wees gerus, jy kan ’n lewe sonder hom begin. Praat met jou ou en sê hoe jy voel. As dinge steeds daarna so voortgaan, moet jy jou losmaak van dié ongesonde situasie. Daar buite wag ’n spesiale man wat jou sal respekteer en jou belange op die hart sal dra.

V HY IGNOREER MY

Ek sukkel met my verhouding. My kêrel vermy my vir die afgelope paar dae. Ek wil so graag met hom praat, maar ek dink hy is te skaam vir my. Ek weet nie wat om te doen nie. Is hy nog lief vir my? Hy wil my nie eens soen of met my vry nie. Wat kan fout wees? DESPERAAT

A BESTE DESPERAAT

Moenie so haastig wees om fout te soek nie. Gee hom nog ’n paar dae om homself uit te sorteer. Dalk is hy skaam oor iets wat gebeur het? Of dalk het hy net tyd nodig en sal jou sê wanneer die tyd reg is. Intussen, moenie jouself siek maak oor dinge wat jy nie beheer oor het nie. Ek ken nie jou ou nie en sal regtig nie kan sê of hy jou liefhet nie. Maar jy kan nie so in die duister leef en wonder wat aangaan nie. Probeer om hom in die hande te kry en gesels met hom op ’n stil plek sonder om emosioneel te word. Dit baat nie jy gaan die ou dwing om jou te date nie. Dinge moet sy gang gaan en jy moet jou voorberei op die ergste. Ek hoop dat dit wel nie so erg is soos jy verwag nie.

 ??  ?? Antie Val is nie ’n mediese dokter of kliniese sielkundig­e nie. Sy en Kuier is nie verantwoor­delik vir probleme wat kan voortsprui­t
uit die raad nie.
Antie Val is nie ’n mediese dokter of kliniese sielkundig­e nie. Sy en Kuier is nie verantwoor­delik vir probleme wat kan voortsprui­t uit die raad nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa