Kuier

Kollig op . . . Sue Pyler

Van die verhoog tot agter die mikrofoon en nou voor die kamera, sy doen als met passie. DEUR Illana Frantz

-

Sy is nou wel op Vrydag die 13de gebore, maar Suretha Pyler (24), of Sue soos sy verkies om genoem te word, het nie toegelaat dat bygelowe wat met dié dag gepaardgaa­n, haar toekoms bepaal nie.

Sue meen sy het haar hele lewe lank geoefen vir waar sy vandag is: voor die kameras as een van die aanbieders van Kollig, ’n tydskrifpr­ogram op kykNET & kie, DStvkanaal 145. Sy is presies waar sy hoort.

Haar skoolloopb­aan het sy aan die Hoërskool Outeniqua in George voltooi, maar vir rustig wees, was daar nie tyd nie. Sue is van jongs af ’n besige bytjie wie se voete gejeuk het; só erg dat sy ’n passie vir dans ontdek het.“Met dans het ek op die verhoog groot- geword. Noem dit op en ek het gedans: ballet, hip-hop, modern dance . . . alles. as kind is ek baie stil gemaak omdat ek te veel gepraat het, maar ek het ’n medium gevind waar my stem deur almal gehoor kan word.”

Maar dis eers in standerd 9 (graad 11) dat sy aan drama bekendgest­el is en dié gogga haar behoorlik gebyt het. Met slegs ses maande se ervaring van drama op skool onder haar belt, het haar natuurlike talent vir die kunste gesorg dat sy ’n nasionale toneelkomp­etisie wen. Die groot prys: ’n rol in die kykNET-sepie Binnelande­rs.

“Ek het Berenice gespeel, een van die pasiënte, en ek het die behind the scenesgevo­el geniet, maar TV was never the same vir my daarna.”Hier het sy so goed gevaar dat die vervaardig­ers haar vir langer aan boord wou hê. Dit was kort voor haar matriekeks­amen en omdat sy ’n beurs gehad het om aan die universite­it van Potchefstr­oom te gaan studeer, moes sy die geleenthei­d van die hand wys.

Hier het sy medies gaan swot, maar besef dat sy“’n dokter in die verkeerde teater”sou wees as sy daarmee sou volhou. Sy het met haar ouers gepraat en hulle het ingestem dat sy ’n gap jaar kon neem.

Dis toe dat sy haarself aan die kunste oorgee. alles van kinderteat­er en produksies by groot feeste soos aardklop, die KKNK en die Suidooster­fees het haar gesien. Sy het in dié tyd selfs haar eerste radioonder­vinding gekry toe sy by Eden FM in die Suid-Kaap gewerk het.

in 2010 het sy drama aan die universite­it van Stellenbos­ch gaan studeer, maar weer het haar lewe ’n ander wending geneem toe sy nie die graad voltooi het nie.“Ek het in Junie van my finale jaar ’n belangrike vak gedop en besef dat ek dit die volgende jaar sal moes oordoen en nie saam met al my vriende kon graad vang nie.”

Sue het egter nie op ’n hopie gaan sit en haarself bejammer nie. Sy het oral voelers uitgesteek en ’n kennis het haar die geleenthei­d gegee om kort daarna agter die mikrofoon by Bok radio in te skuif, waar sy haar liefde vir radiowerk herontdek het.

Sy het weer die skuif na die verhoog gemaak toe sy ’n rol in Blood Brothers: The Musical losgeslaan het en vir ongeveer 11 maande haar hart en siel vir die produksie gegee het. intussen was sy ook een van die aanbieders van BeFonk, ’n jeugprogra­m op rSG.

“Die verhoog is steeds een van my groot liefdes, maar die ses-uur-sonder-vars-lugding kon ek net nie meer doen nie. Dis dieselfde show, dieselfde lines, dieselfde kostuums, elke aand. Ek wou uitgaan en nuwe mense ontmoet. Hul stories vertel en wou weet wat hulle interestin­g maak en dis een van die dinge wat ek die meeste van BeFonk geniet het.”

in Mei vanjaar het sy by die span van Kollig aangesluit en nog nie weer teruggekyk nie. Sy beskryf haar eerste keer voor die kamera as“nerve wrecking,”maar is dankbaar vir al haar vorige ervarings, want sy meen alles skakel by mekaar in.

“My drama-opleiding help my om my lines te onthou en my agtergrond by die radio kom goed te pas wanneer ek vrae moet vra en onderhoude voor die kamera moet voer. alles mush soortvan saam en dit sit my in ’n gemaksone.”

Maar sy sê alles verloop nie altyd seepglad voor die kamera nie. Sy dink aan haar mees embarrassi­ng oomblik by Kollig, toe sy (probeer) rieldans het.“Oh, dit was so embarrassi­ng en hier dog ek ek is ’n danser,” skerts sy en voeg by dat hulle dié gedeelte uitgesny het en aan die einde van die episode as een van die blapse gewys het.

Wanneer sy terugkyk op haar loopbaan tot dusver, meen sy dis alles te danke aan haar ouers, Chris en Noleen.“Hulle het nog nooit vir my nee gesê nie. Maak nie saak wat ek wou aanpak nie, die antwoord was nooit nee nie.”

Haar ouers en jonger broer, Bryan, bly steeds in George en sy sien hulle min, maar hulle bel mekaar tientalle kere per dag.

Dis duidelik dié borrelende, ambisieuse go-getter weet presies wat sy uit die lewe wil hê, want sy glo“every exit is an entrance to a new stage”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa